Covid-19-statistieke: Aktiewe gevalle daal steeds  

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 2 597 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 559 230 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 10,6%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (28%) aangemeld, gevolg deur Gauteng (23%) en KwaZulu-Natal (21%). Die totale aktiewe gevalle is 94 862.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 93 364 nadat nog 86 sterftes aangemeld is waarvan 25 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is. Tot dusver het 3 371 004 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 94,7%.

Suid-Afrika het tot dusver 21 797 292 toetse vir Covid-19 gedoen, 24 399 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 42 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 7 926 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 28,9 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap1676 232
Vrystaat829 145
Gauteng60210 233
KwaZulu-Natal54734 439
Limpopo1222 342
Mpumalanga1301 832
Noordwes975 701
Noord-Kaap1295 918
Wes-Kaap72119 020
Totaal2 59794 862

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 736316 353
Vrystaat7 311177 752
Gauteng20 3501 124 925
KwaZulu-Natal15 579585 802
Limpopo4 179139 345
Mpumalanga2 041177 007
Noordwes4 466172 796
Noord-Kaap2 49597 312
Wes-Kaap21 207579 712
Totaal93 3643 371 004

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

Die PCR toets-stelle raak seker min noudat dit as vals bewys is.

piet ·

Die swak inentingskoers is eerder ‘n teken van onpatriotisme en algemene wetteloosheid in die land. Ook ‘n geval van mense wat vere voel vir hul mede-landgenote se gesondheid. Geen wonder dit gaan hier soos dit gaan nie.

Lourens CFG ·

Patriotisme en wetteloosheid het absoluut niks daarmee uit te waai om nie ingespuit te word nie, al die vals inligtig en liegery en vrees aanjaery wel.

Genis ·

Jammer Madeleine… dis die minderheid…. En dis hulle reg, die inenting is nog steeds eindelik net n proef… Die proef koenye dink ek is net oor die 25%… Hulle moet nou regtig mense los vir hulle eie wil…

Johan ·

So moord sterftes is nou meer as covid, gaan die medici nou help om die gemors wat hul veroorsaak het stop te sit ook, of wie gaan kopdoek en haar bende nou stop?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.