Altesame 1 995 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 3 677 686 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 7,5%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (37%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (21%) en KwaZulu-Natal (21%). Die algehele aktiewe gevalle is 25 440.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 458 nadat nog 28 sterftes aangemeld is, waarvan vyf sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.
Tot dusver het 3 552 788 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,6%.
Suid-Afrika het tot dusver 23 138 425 toetse vir Covid-19 gedoen, 26 608 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 55 hospitaalopnames. Daar is tans altesame 2 659 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Meer as 31,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 73 | 599 |
Vrystaat | 104 | 2 136 |
Gauteng | 747 | 6 582 |
KwaZulu-Natal | 335 | 5 643 |
Limpopo | 48 | 354 |
Mpumalanga | 114 | 1 306 |
Noordwes | 105 | 1 462 |
Noord-Kaap | 44 | 6 331 |
Wes-Kaap | 425 | 1 027 |
Totaal | 1 995 | 25 440 |
Sterftes en gevalle wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 16 493 | 326 450 |
Vrystaat | 7 580 | 191 134 |
Gauteng | 20 579 | 1 167 054 |
KwaZulu-Natal | 15 987 | 631 076 |
Limpopo | 4 523 | 149 824 |
Mpumalanga | 4 687 | 185 517 |
Noordwes | 4 699 | 184 970 |
Noord-Kaap | 3 207 | 98 827 |
Wes-Kaap | 21 703 | 617 936 |
Totaal | 99 458 | 3 552 788 |



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Mooi. Dis hoogtyd dat hierdie golf tot ‘n einde kom.
Ek kan nie sien waar dit daal nie MM want gister was daar kamstig geen sterftes en vandag 28 so hoe daal dit?