Covid-19-statistieke: Aktiewe gevalle daal steeds

(Foto: EMMANUEL CROSET/AFP)

Altesame 1 995 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 3 677 686 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 7,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (37%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (21%) en KwaZulu-Natal (21%). Die algehele aktiewe gevalle is 25 440.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 458 nadat nog 28 sterftes aangemeld is, waarvan vyf sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 552 788 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,6%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 138 425 toetse vir Covid-19 gedoen, 26 608 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 55 hospitaalopnames. Daar is tans altesame 2 659 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 31,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap73599
Vrystaat1042 136
Gauteng7476 582
KwaZulu-Natal3355 643
Limpopo48354
Mpumalanga1141 306
Noordwes1051 462
Noord-Kaap446 331
Wes-Kaap4251 027
Totaal1 99525 440

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 493326 450
Vrystaat7 580191 134
Gauteng20 5791 167 054
KwaZulu-Natal15 987631 076
Limpopo4 523149 824
Mpumalanga4 687185 517
Noordwes4 699184 970
Noord-Kaap3 20798 827
Wes-Kaap21 703617 936
Totaal99 4583 552 788

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

VaalDonkie ·

Mooi. Dis hoogtyd dat hierdie golf tot ‘n einde kom.

Hendrik Daniël ·

Ek bly bid en hoop dat meer as die golf tot ‘n einde kom; dat Covid-19 besig is om tot ‘n einde te kom. Ek het die 1ste keer vroeg in Des 2021 gesê dat Omikron hopelik die begin van die einde van Covid-19 is, omrede natuurlike immuniteit weens Omikroninfeksies, en nou is daar nog meer sulke tekens.

VaalDonkie ·

Ja ek bid ook daaroor. En dat as iemand dit aspris vrygelaat het, hulle gestraf word.

Nicky ·

Ek kan nie sien waar dit daal nie MM want gister was daar kamstig geen sterftes en vandag 28 so hoe daal dit?

VaalDonkie ·

Aktiewe gevalle is minder as gister. So ook hospitaal-gevalle.

Dirk Mostert ·

Van die 28 sterftes was net 5 die afgelope 24-48 uur. Nie meer 24 uur nie, dws appels word met pere vergelyk. Daar word nie gemeld hoeveel was net covid-“verwant”nie, dws positief getoets maar kan van enigiets gesterf het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.