Covid-19-statistieke: Aktiewe gevalle daal steeds

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Altesame 2 120 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 709 209 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 6,6%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (35%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (29%) en KwaZulu-Natal (17%). Die totale getal aktiewe gevalle is 13 765.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 932 nadat nog 33 sterftes aangemeld is, waarvan ses sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 595 512 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,9%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 676 087 toetse vir Covid-19 gedoen, 32 294 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 64 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 2 017 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 33,2 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap110489
Vrystaat581 311
Gauteng7414 721
KwaZulu-Natal3542 701
Limpopo42171
Mpumalanga73391
Noordwes96777
Noord-Kaap232 687
Wes-Kaap623517
Totaal2 12013 765

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 571327 661
Vrystaat7 629193 142
Gauteng20 6181 180 152
KwaZulu-Natal16 040639 667
Limpopo4 574150 880
Mpumalanga4 705187 861
Noordwes4 721187 168
Noord-Kaap3 217102 901
Wes-Kaap21 857626 080
Totaal99 9323 595 512

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eend Bessinger ·

WATCH daai syfers! Met die nuwe reëlings gaan die vyfde vlaag ons binnekort vol in die gesig tref! Ek dra steeds my masker in die openbaar want ek kan nie bekostig om siek te word nie selfs al het ek ‘n baie sterk imuunstelsel, want ek is allergies vir alle inentings. Binnekort sal ek myself elke week moet laat toets…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.