Covid-19-statistieke: Aktiewe gevalle daal verder

‘n Gesondheidswerker maak gereed om ‘n vrou in Parkview, Johannesburg, vir Covid-19 te toets. (Foto: Luca Sola/AFP)

Altesame 2 409 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 528 463 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 14%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (34%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (23%) en KwaZulu-Natal (21%). Die totale aktiewe gevalle is 144 355.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 92 530 nadat nog 77 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 3 291 578 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 93,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 21 570 563 toetse vir Covid-19 gedoen, 17 197 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 177 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 8 783 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 28,4 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap1057 931
Vrystaat11213 148
Gauteng82812 745
KwaZulu-Natal49760 824
Limpopo602 538
Mpumalanga1002 666
Noordwes738 261
Noord-Kaap7611 083
Wes-Kaap55825 159
Totaal2 409144 355

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 581311 782
Vrystaat7 246172 472
Gauteng20 2701 115 874
KwaZulu-Natal15 361553 413
Limpopo4 173137 196
Mpumalanga2 037174 881
Noordwes4 448168 976
Noord-Kaap2 47691 022
Wes-Kaap20 938565 962
Totaal92 5303 291 578

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frank John

Ek glo nie, manipilasie. Hulle kry geld vie covid sterftes.

Casper

Watter variante is die aktiefste en lei tot meeste sterftes.Watter variante se herstelkoste is die meerderheid.

Andre

Ek wonder hoeveel van die positiewe gevalle is met PCR toetse “bewys”?