
‘n Gesondheidswerker maak gereed om ‘n vrou in Parkview, Johannesburg, vir Covid-19 te toets. (Foto: Luca Sola/AFP)
Altesame 2 409 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 528 463 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 14%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (34%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (23%) en KwaZulu-Natal (21%). Die totale aktiewe gevalle is 144 355.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 92 530 nadat nog 77 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 3 291 578 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 93,3%.
Suid-Afrika het tot dusver 21 570 563 toetse vir Covid-19 gedoen, 17 197 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 177 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 8 783 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Meer as 28,4 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 105 | 7 931 |
Vrystaat | 112 | 13 148 |
Gauteng | 828 | 12 745 |
KwaZulu-Natal | 497 | 60 824 |
Limpopo | 60 | 2 538 |
Mpumalanga | 100 | 2 666 |
Noordwes | 73 | 8 261 |
Noord-Kaap | 76 | 11 083 |
Wes-Kaap | 558 | 25 159 |
Totaal | 2 409 | 144 355 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 15 581 | 311 782 |
Vrystaat | 7 246 | 172 472 |
Gauteng | 20 270 | 1 115 874 |
KwaZulu-Natal | 15 361 | 553 413 |
Limpopo | 4 173 | 137 196 |
Mpumalanga | 2 037 | 174 881 |
Noordwes | 4 448 | 168 976 |
Noord-Kaap | 2 476 | 91 022 |
Wes-Kaap | 20 938 | 565 962 |
Totaal | 92 530 | 3 291 578 |



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Ek glo nie, manipilasie. Hulle kry geld vie covid sterftes.
Watter variante is die aktiefste en lei tot meeste sterftes.Watter variante se herstelkoste is die meerderheid.
Ek wonder hoeveel van die positiewe gevalle is met PCR toetse “bewys”?