Covid-19-statistieke: Al hoe minder toetse gedoen

(Argieffoto: Unsplash)

Die getal nuwe Covid-19-gevalle daal steeds. Nog 8 929 nuwe gevalle is Dinsdag aangemeld wat die getal laboratoriumbevestigde gevalle op 2 311 232 te staan bring.

Die positiwiteitskoers is ook heelwat laer en staan op 22,2%, sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios).

Nog 596 sterftes is egter aangemeld wat die algehele sterftesyfer op 67 676 te staan bring.

“Die koers waarteen toetse gedoen word, het die afgelope twee weke afgeneem en hoewel dit ʼn weerspieëling van ʼn afname in die behoefte aan toetse weens ʼn daling in infeksies kan wees, was toegang tot toetse in sekere gebiede weens maatskaplike onrus beperk,” sê dr. Michelle Gromme, verbonde aan Nios.

“Die neiging in die komende week gaan belangrik wees om te bevestig of die kruin van die derde golf bereik is.”

Net meer as 40 000 nuwe toetse is sedert die vorige verslag gedoen en in hierdie stadium is daar 158 437 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die herstelkoers staan in dié stadium op 90,2% en altesame 2 085 119 mense het reeds van die virus herstel.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng, gevolg deur die Wes-Kaap (19%), KwaZulu-Natal (11%), Noordwes (8%), die Oos-Kaap (7%), Mpumalanga en Limpopo (6% elk), die Vrystaat (4%) en die Noord-Kaap (2%).

Die algehele getal gevalle was Dinsdag (8 929) wel hoër as ʼn dag tevore (7 209), maar steeds laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae.

Dr. Harry Moultrie, ʼn senior mediese epidemioloog by Nios, sê die nasionale sewedag-gemiddeld van Covid-19-gevalle het sedert 6 Julie gedaal, hoofsaaklik weens ʼn afname in Gauteng.

Meer toetse in die Oos-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap was egter positief in vergelyking met vorige weke.

“Hoewel die persentasie positiewe toetse in Gauteng, Limpopo en Noordwes afgeneem het, was dit steeds baie hoog (meer as 35%) in dié provinsies,” sê Moultrie.

Nog 808 mense is ook in hospitale opgeneem en tans word altesame 17 178 mense landwyd vir die koronavirus in hospitale behandel.

Altesame 221 417 mense is Dinsdag teen Covid-19 ingeënt wat die getal inentings op meer as 5,5 miljoen te staan bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

piet ·

Ek lees in die NY Times dat die J&J vaksien oneffektief is vir die nuwe variante (30%). So amper so useless soos Astrazeneca. So blykbaar sal mens in elk geval ‘n 2de booster moet kry en hoe effektief gaan dit wees? Beste opsie tans is die Pfizer, ek dink ek gaan dit vat en niks anders nie.

Hendrik Marthinus ·

Piet
Ekt weer gelees J&J is tot 70% effektief, stem saam dat Pfizer tot in die 90% effektief is.
Teleurstellend as die J&J Vaccine net 30% effektief is teen Delta Varriant.
Maar Dink jys reg dat oor n jaar of so selfs almal weer n booster moet kry.

piet ·

Interessant dat die mRNA vaksienes (baie) meer effektief is teen die variante (mutasies) van die virus.

cynthia ·

sal graag wil weet hoe akkuraat is die toets uitslae, het al gehoor van mense wat eers positief en dan weer negatief getoets is binne dae van mekaar. Sal ook wil weet wat is binne in die inspuitings regtig en hoe effektief is dit as ek hoor en beleef hoeveel mense sterf as gevolg van die inspuiting.

Kompas ·

En al ons onderwysers is ingeënt met J&J. Sien dat hul dalk dan ń tipe “booster shot” moet kry.

Wicus ·

Het twee dosisse weg van Pfizer, het 10 dae spier en gewrigpyne na die eerste een gehad, het op twaalf dae na die eerste my Comrades 90 km suksesvol gehardloop, het wel die laaste 30 km swaar gekry, maar dis dalk omdat ek 3 dae voor Pfizer die griep inspuiting gevat het. Verder sover geen ander simptome ervaar nie. ‘n Vriend se vrou het wel Covid opgedoen na haar eerste Pfizer, was baie lig, s-e verkoue is erger, en haar man het gladnie Covid gekry nie. So het my moeder en broer geen simptome ervaar na 2 Pfizers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.