Suid-Afrika het nou al meer as 570 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 572 865 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 11 270 nadat nog 260 sterftes aangemeld is: 68 in die Oos-Kaap, 62 in die Vrystaat, 30 in Gauteng, 39 in KwaZulu-Natal, 14 in Limpopo, 18 in Mpumalanga, 21 in die Wes-Kaap en agt in die Noord-Kaap.
Tot dusver het 437 617 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 76%.
Suid-Afrika het tot dusver 3 315 497 toetse vir Covid-19 gedoen, 20 063 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 83 002 | 14,5% |
Vrystaat | 30 049 | 5,2% |
Gauteng | 195 820 | 34,2% |
KwaZulu-Natal | 102 233 | 17,8% |
Limpopo | 11 019 | 1,9% |
Mpumalanga | 20 111 | 3,5% |
Noordwes | 22 483 | 3,9% |
Noord-Kaap | 7 122 | 1,2% |
Wes-Kaap | 100 976 | 17,6% |
Onbekend | 50 | 0% |
Totaal | 572 865 | 100% |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 2 400 | 78 385 |
Vrystaat | 476 | 14 911 |
Gauteng | 2 791 | 154 392 |
KwaZulu-Natal | 1 563 | 57 525 |
Limpopo | 141 | 9 728 |
Mpumalanga | 167 | 16 794 |
Noordwes | 150 | 12 559 |
Noord-Kaap | 76 | 3 794 |
Wes-Kaap | 3 506 | 89 529 |
Totaal | 11 270 | 437 617 |


Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Julle is n grap sestig persent van die sterftes is natuurlike oor sake. Julle dink ons het julle mentaliteit vir julle ANC gaan dit net oor plunder nie oor die sterftes of die virus nie. Hoe dom dink julle narre is ons.
123 978 aktiewe gevalle dus, sal graag dit eerste wou sien, dit is meer positiewe nuus om te sien (hoe dit verminder) .
Kul jou hier, kul jou daar!
Hoekom die groot bohaai oor die herstelkoers?
Wereldwyd is die sterfte koers tussen 1% en 2% so op die einde sal die herstel koers in elkegeval tussen 98% en 99% wees.
Is nie n statistikus nie en ook nie n viroloog nie en vra uit onkunde ; as die herstelsyfer ongeveer 75% is en die mortaliteit ongeveer 2% is, wat is die oorblywende 23%? As dit mense is wat nog siek is, hoe bepaal hulle hierdie syfer as die infeksies daagliks met duisende toeneem?