Covid-19-statistieke: Alle provinsies toon afname

(Argieffoto: GCIS)

Suid-Afrika het teen Vrydagaand altesaam 2 877 063 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 3 648 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 173 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 85 952 te staan bring.

Altesaam 2 714 565 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. Tans is daar 78 546 aktiewe gevalle van Covid-19.

ʼn Totaal van 43 959 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 19 428 (44%) in die private sektor en 24 531 (56%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (21%) en KwaZulu-Natal (20%), gevolg deur die Oos-Kaap (18%), die Vrystaat (11%), Gauteng (10%), die Noord-Kaap (7%), Mpumalanga en Noordwes (6% elk) en Limpopo (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Wes-Kaap: 748
  • KwaZulu-Natal: 744
  • Oos-Kaap: 661
  • Vrystaat: 399
  • Gauteng: 376
  • Noord-Kaap: 247
  • Noordwes: 218
  • Mpumalanga: 216
  • Limpopo: 39

Die departement het aangedui dat altesaam 15 913 116 mense teen Vrydagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Boerkind ·

Seker net tot na die verkiesing?? Dan kom die 4de vlaag.

Nie Verbaas ·

Ja seker maar. Ook net tot Desember want hulle weet mos die vierde vlaag gaan dan hier uitbreek.

MakersMark ·

Inentings en maskers werk. Vlaag 4 sal weer opdraf agv groot getalle nie ingeënt en meer sosiale interaksie agv lae inperkings vlakke. Hello vlaag 4 in Desember.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.