Covid-19-statistieke: Amper 1 000 al oorlede

Statistieke van die departement van gesondheid wys dat 60 nuwe sterftes sedert Donderdag aangemeld is, wat die dodetal op 908 te staan bring. Sewe van die jongste sterftes is in Gauteng en 53 in die Wes-Kaap aangeteken.

Nog 2 643 Covid-19-gevalle is sedert Donderdag in Suid-Afrika aangemeld, wat die getal gevalle Vrydag op 43 434 te staan bring. Die meeste van dié gevalle (amper 1 800) is in die Wes-Kaap aangeteken. Dié provinsie het ongeveer 66% (28 807) van die gevalle landwyd. Die Noord-Kaap het steeds die minste gevalle (102).

Meer vroue het ook tot dusver positief getoets (24 790) teenoor mans (18 310). Die meeste pasiënte is tussen 25 en 40 jaar oud. Luidens statistieke is die meeste toetse in Mei in die openbare sektor gedoen.

Die herstelsyfer is 23 088, wat beteken dat meer as die helfte (53%) gevalle van die algehele Covid-19-syfer reeds herstel het.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Niklaas ·

Die sterfte syfers in die Weskaap is ontstellend hoog. Veral vergeleke met die res van die land. Hoop nie dit lei weer tot wysiging na vlak 4 of 5 nie.

Hekwag ·

Sterkte as iemand dink hulle gaan mense weer kry om binnenshuis te bly!

Die Wolf ·

Ek wil my vestout om te se dat al die die gevalle nie agv die kroon virus is nie!

Nico ·

Waarom is daar nie meer bewyse van mense wat herstel het, ek kan nie glo dat al die sterf gevalle die oorsaak is van die virus wees eerlik

Jaco ·

Nico, ek glo nogaal die getalle. Dis eintlik nie baie nie. Met laasjaar se griepseisoen was daar 9000 mense in SA oorlede. Ons staan nou eers op 1000. Verskil is, media was hierdie jaar lus om chaos te veroorsaak.

Corne123 ·

Sk wens regering wil soveel moeite doen met plaasmoorde ook want die syvers vertrou ek niks nie Hoefeeel is gister dood aan vigs/longonsteken/hartaanval esv enige iemand wat nou aan longondsteking stef gaan covid geval wees belaglik verby

Jaco ·

En wat van die 9000 mense wat laasjaar oorlede was aan n griep in SA? Hoekom was daar nie oor hulle berig nie? Waar was die histerie toe?? Iets maak nie vir my sin nie.

Annakapat ·

Die virus is dodelik – lees julle geen oorsese verslae nie!
As die mense op strepe sterf en die regering doen niks gaan julle seker ook kla of as daar ‘n geliefde van julle sterf aan Covid!
Niemand is ooit tevrede nie veral nie van julle sitkamerbanke af nie!

Erica ·

Nes laas jaar se griep. +-9000 dood. Niemand toe iets gese nie.

Kobus ·

@annakapat, ek het ookal vergeefs probeer om van die lesers te waarsku om dit ernstig op te neem, tot die slotsom gekom dit help nie. Hulle verkies om te glo wat hulle wil glo en die oorsese nuus en sterftes speel geen rol nie. In SA het die pandemie so politiseerd geraak. Dit sal ongelukkig eers by baie ernstig opgeneem word as hulle dit self nader aanvaar, n kennis, vriend, familielid, geliefde, dis hartseer maar waar. Totdan is dit volgens baie n politieke set en “histerie oor niks”.

Estelle ·

My man het positief getoets. Ons is al 2 weke in self isolasie. Geen simptome nie, ek wonder nou of die toets apparaat korrek is.

Scalla ·

Weet van n geval waar bejaarde dood is agv emfiseem, sterfte kennis word gemeld as covid 19 deur mediese ordonans, statistieke dus verkeerd.

Pieter ·

Die ANC probeer die syfers op jaag maak nie saak aan wat jy nou dood gaan nie. Al die sterftes is nou die virus hulle soek nog geld dit is maar al. Dalk was almal rokers

Jack ·

In 2018 is 71000 mense dood aan vigsverwante oorsake dus so 12000 per maand of 400 per dag. Nou ja dan kom tb ook nog so maak nou maar jou eie somme. Ek glo ook nie die Kaap se syfers nie en glo dit het n besliste politieke kleur. Die DA moet die syfers ondersoek maar ons weet almal dis n onbegonne taak want dooies is reeds in die grond.

Jinksie ·

Jack jou somme verkeerd. So 6000 n maand . Daar is TWAALF (12) MAANDE in n jaar. Daarom as dit 12000 n maand was so dit 144 000 gewees het.

J ·

Die ANC regering het ‘n swak baanrekord (bv JUNK STATUS in die oë van die wêreld) en kan daarom nie vertrou word met die hantering van die CORONA PANDEMIE nie.

Die ontplooide kaders het die MEDIESE probleem ‘verpolitiseer’ deur dit met goedkoop ‘smoke and mirrors’ propaganda veldtogte te probeer ‘toesmeer’! As die aantal infeksies en sterftes (statistiek) LAAG is dan vertoon die ANC goed?

Die ‘smokescreen’ van 6 miljoen ‘screenings’ word as afleier gebruik om die aandag weg te neem van die onvermoë om TOETSE te doen.

Die statistiek wat verskaf word is ongeldig omdat dit nie ‘n ware beeld kan gee van die ware getalle wat met die virus besmet is nie. (van die 57 miljoen bevolking).

Soos Dr Gray gesê het … ‘thumb suck’!

Michael ·

Kan maroela nie vir ons uitvind hoeveel het gesterf aan griep nie want alle sterftes in die land is nou die virus.

Oom Hennie Pennie ·

Nou hoekom het ek nog glad nie gehoor van enige van my familie, virende en kollegas wat siek is van covid nie?

Kobus ·

Laat ek dit so stel, ons het 1 vriend wat reg in die begin gediagnoseer was met Covid. Maar hoe moet jy regtig weet dat die toets possatief was? Net hulle woord vat daarvoor? Dis nie soos ‘n pregnancy toets wat jy persoonlik op die skermpie na die streepies kan kyk nie. Nee wat ek is ook vas oortuig dat die syfers regtig gekook is, nie net in SA nie maar in die hele wereld ook. Hier in Laos was daar 19 gevalle, elke liewe dag het ons nuus gekry van hoe dit met al 19 gegaan het, tot hulle almal ontslaan is uit die hospitale uit, ‘n land met meer as 7 miljoen mense, 19 ingevoerde gevalle, 100% recovery!

Haan ·

Ken iemand wat n vrou ken wat sê hulle is R5 000 deur die regering aangebied om “covid19” as die oorsaak van dood op haar bejaarde ma se doodsertifikaat te skryf. Corona is n masker wat gebruik word vir die afbreek en herstruktureer van die ekonomie

Kobus ·

Jy leen jou ore te veel uit. My Vrou is n dokter, volgens dit mlet sy nou al n miljoen gekry het. Van jul onkunde is verbysterend.

Hekwag ·

So, kom ons dink bietjie…. 908 uit 59,000,000 mense in SA aan Covid dood oor 3 maande…. whoopi! Dis 0,0015%… asseblief tog!!

Kobus ·

Eerstens my simpatie aan die wat geliefdes verloor het in moeilike omstandighede. Ek wens van julle kan verstaan hoe ongevoelig van julle kommentaar oorkom. SA is in nog in die begin, baie mense gaan nog sterf en dit kan enigste een van jul nog raak. Dis nie net syfers waarvan ons praat nie maar lewens. Die winter begin met verkoue, grief, SARS, H1N1( wat baie sterftes veroorsaak, maar as vroeg gediagnoseer word redelik effektief behandel kan word).Dan is daar kovid. Baie van julle gaan simptome ontwikkel en nie weet wat dit is nie, hoe ernstig nie en wat die risiko vir jul geliefdes/kollegas is nie. Daar gaan groot te korte aan toetse wees, as jy gelukkig is om getoets te word gaan uitslae dikwels 8/10 dae vat. Sterkte wat voorle, gebruik commensense en wees versigtig, dis nie net jou gesondheid nie, maar almal om jou.

Die Wolf ·

Die vraag is. Hoe gaan die kaf van die koring geskei word om die werklike prentjie te weerspieel?Ons almal het groot simpatie met mense wat geliefdes verloor. In my opinie is dit misdadig om n persoon se heengaan as Covid aan te teken al was dit iets anders.Plaas jou in hulle skoene.

Kobus ·

Jy verstaan nie die feite nie, gaan praat met n dokter wat in die kovid klinieke werk. Eerstens moet jy pos. toets vir die virus. Daarna word jy opgeneem as jy ernstige simptome het, in n aparte kovid afdeling in die hospitaal. As die virus wel jou longe aantas, word jy dikwels suurstof gegee of in sekere gevalle op ventalotors geplaas. Mense sterf aan orgaanversaking wat teweeggebring is deur die skade wat veroorsaak is deur die virus mbt die longe. Dit word duidelik waargeneem met scans? As jy bv. ernstig beseer word in n motorongeluk en krities in die icu opgeneem word en aan jou beserings sterf, is dit nie kovid verwant nie, al het jy dalk die virus. Dokters pleeg nie grootskaals bedrog nie deur elke dat te sit en doodsert. te vervals nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.