Covid-19-statistieke: Amper 10 000 nuwe gevalle

‘n Vrou laat doen ‘n Covid-19-toets by die OR Tambo-lughawe. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Altesame 9 757 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 3 818 125 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 25,9%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (44%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (24%) en die Wes-Kaap (13%). Die algehele aktiewe gevalle is 48 672.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan op 100 471 nadat 64 nuwe sterftes aangemeld is. Tot dusver het 3 668 982 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,1%.

Suid-Afrika het tot dusver 24 592 030 toetse vir Covid-19 gedoen, 37 618 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 135 hospitaalopnames. Daar is tans altesame 2 554 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 35 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap6262 206
Vrystaat4723 240
Gauteng4 33215 788
KwaZulu-Natal2 36518 451
Limpopo111257
Mpumalanga2511 202
Noordwes1871 631
Noord-Kaap1281 087
Wes-Kaap1 2854 810
Totaal9 75748 672

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 636330 934
Vrystaat7 689194 973
Gauteng20 7111 218 964
KwaZulu-Natal16 087649 490
Limpopo4 663151 935
Mpumalanga4 705189 681
Noordwes4 794188 614
Noord-Kaap3 222105 671
Wes-Kaap21 964638 720
Totaal100 4713 818 125

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Henri

37 618 toetse teen R500 elk is oor die R18miljoen in een dag. Waarvan slegs ‘n kwart positief is. Dus is R13miljoen verlore vandag. Indien al daardie geld gepoel kon word oor die afgelope 2 jaar, kon ons darem maar ongelooflike hospitale en klinieke gebou het en mediese personeel opgelei het vir die toekoms…

Marius

Sê eerder niks dan is daar niks.

krodedil

Covid is ‘n verskoning vir siekverlof . Die koue maak siekverlof meer aantreklik.

Papsak

Laat ek liewers stil bly

annie

Hoe raak ek dan nou so ‘n siener? Dis scary. Geraai dit gaan gebeur. Slegte ‘nuus’ raak die in-ding in SA en oraloor. Iets soos wolf-wolf. Ons regering moet net oppas as ‘n werklike skrik kom gaan die nasie nie meer reageer nie.