Covid-19-statistieke: Amper 20 000 sterftes

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Altesaam 1 247 nuwe bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is in die afgelope 24-uursiklus in Suid-Afrika aangemeld. Dit bring die algehele getal Covid-19-gevalle in die land op 738 525 te staan.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Woensdagaand aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 36 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 19 845 te staan bring.

Altesaam 20 van die sterftes is in die Vrystaat aangemeld, gevolg deur agt in die Oos-Kaap, ses in die Wes-Kaap, een in Gauteng en een in Mpumalanga.

Altesaam 680 726 pasiënte het in dié stadium reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 92%.

Meer as 12 641 toetse van die 4 993 081 wat reeds gedoen is, is in die afgelope 24-uursiklus gedoen. Altesaam 2 878 586 toetse is in die private sektor gedoen, wat meer as die helfte (58%) van die toetse uitmaak. ʼn Totaal van 2 114 495 toetse is in die openbare sektor gedoen.

Provinsiale statistieke:

Gauteng: 230 412
KwaZulu-Natal: 124 094
Wes-Kaap: 119 383
Oos-Kaap: 102 057
Vrystaat: 57 995
Noordwes: 33 908
Mpumalanga: 30 305
Noord-Kaap: 22 426
Limpopo: 17 945

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stefan ·

As ek reg onthou is SA se moordsyfer ongeveer 21000 vir ‘n volle jaar, vergelyk dit met die Covid-19 wat soos ‘n natuurlike ramp oor ons gekom het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.