Altesaam 1 247 nuwe bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is in die afgelope 24-uursiklus in Suid-Afrika aangemeld. Dit bring die algehele getal Covid-19-gevalle in die land op 738 525 te staan.
Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Woensdagaand aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.
Nog 36 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 19 845 te staan bring.
Altesaam 20 van die sterftes is in die Vrystaat aangemeld, gevolg deur agt in die Oos-Kaap, ses in die Wes-Kaap, een in Gauteng en een in Mpumalanga.
Altesaam 680 726 pasiënte het in dié stadium reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 92%.
Meer as 12 641 toetse van die 4 993 081 wat reeds gedoen is, is in die afgelope 24-uursiklus gedoen. Altesaam 2 878 586 toetse is in die private sektor gedoen, wat meer as die helfte (58%) van die toetse uitmaak. ʼn Totaal van 2 114 495 toetse is in die openbare sektor gedoen.
Provinsiale statistieke:
Gauteng: 230 412
KwaZulu-Natal: 124 094
Wes-Kaap: 119 383
Oos-Kaap: 102 057
Vrystaat: 57 995
Noordwes: 33 908
Mpumalanga: 30 305
Noord-Kaap: 22 426
Limpopo: 17 945
Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.



O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
As ek reg onthou is SA se moordsyfer ongeveer 21000 vir ‘n volle jaar, vergelyk dit met die Covid-19 wat soos ‘n natuurlike ramp oor ons gekom het.