Covid-19-statistieke: Amper 21 000 sterftes

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Altesaam 767 679 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 2 270 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 58 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (28), die Vrystaat (13), die Wes-Kaap (9) en Gauteng (8) aangemeld.

Dit bring die land se dodetal op 20 903 te staan.

Volgens Mkhize het 710 099 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die virus herstel, met ʼn herstelkoers van 92,5%.

Nog 21 904 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 5 290 966 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Gauteng4 968227 707
KwaZulu-Natal3 309116 591
Wes-Kaap4 523113 604
Oos-Kaap4 353103 210
Vrystaat1 80749 231
Noordwes54132 861
Mpumalanga61430 026
Limpopo48717 579
Noord-Kaap30119 290
Totaal20 903710 099

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

‘n Hof in Portugal het bevind dat die Covid-19 toetse ‘n akkuraatheid van slegs 3% het, die wetenskaplike begronding vir die grendeltyd is te bevraagteken.

Hoeveel mense sterf aan griep en moord per dag?

Build Back Better, Grand Reset hier kom ons.

Kobus ·

Ek dink weinig toetse is altyd 100 akkuraat, maar ek luister eerder na wetenskaplikes en medici as een of ander regter in Portugal, weer fopnuus aan jou kant.

Casper ·

Is dit die opvolg plaag wat ons tref?Die kersseisoen lê voor en wie gaan hulle steur aan regulasies.Waar haan die infeksie staan teen Januarie?

Dries ·

Vrydag is Black Friday. Gaan almal ordelik in rye staan met wye spasies tussen hulle vir die ‘specials”?

Maggies ·

Geen manier nie. Ek stel voor dat almal net wegbly van die winkels af. Dis nou te sê ALMAL MET VERSTAND.

Persheks Adri ·

Ons bly juis weg Maggies, want afstand verstaan hul nie

Anel ·

En dit uit 60milj. Soos wat hulle tekere gegaan het het ons verwag miljoene gaan doodgaan. En nou? Jaag almal op ‘n knop en maak almal paranoïes, en vir wat? Steur my nie meer aan hulle verkeerde statisieke en bangmaak stories nie.

Fritz ·

Aan die begin van hierdie verkoue drama was daar elke nou en dan n bekende wat positief getoets het (wel, volgens hulle in elk geval) en van sy ondervinding vertel het. Net om darem weer in die nuus te wees. En nou het daai verhaaltjies opgedroog…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.