Covid-19-statistieke: Amper 300 000 het al positief getoets  

(Foto: Unsplash)

Amper 300 000 mense in Suid-Afrika het nou reeds positief vir Covid-19 getoets.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bekend gemaak dat 298 292 mense al positief vir Covid-19 getoets het. Meer as 38 000 toetse is afgehandel sedert die vorige statistieke bekend gemaak is en meer as 2,2 miljoen toetse is nou al gedoen.

Altesaam 174 nuwe sterftes is bevestig: 82 in Gauteng, 44 in die Wes-Kaap, 27 in KwaZulu-Natal, 17 in die Oos-Kaap en vier in die Noord-Kaap. Die algehele sterftesyfer staan in hierdie stadium op 4 346.

Meer as 146 000 mense het reeds van die siekte herstel, ʼn koers van 49%.

Provinsiale statistieke:

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap72634 706
Vrystaat35746
Gauteng72636 146
KwaZulu-Natal3137 521
Limpopo331 147
Mpumalanga331 179
Noordwes362 575
Noord-Kaap15503
Wes-Kaap2 42961 756
Totaal4 34614 6279

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lynette ·

Wat is die nut van die toetse? En statistieke?? Jy kan negatief NOU toets en n minuut later winkel toe gaan en die virus optel??? Dus loop jy en vertel jy is negatief terwyl jy eintlik positief is?? En die statistieke van elke provinsie…wat HELP dit om te sê Wes-KAAP is die ergste besmet terwyl ons nie weet HOEVEEL mense DAAR getoets word teenoor die ander provinsies nie???? M.a.w….as jy sê A het 1000 positiewe gevalle, en B het net n 100 positiewe gevalle, maar in A is 10 000 mense getoets (dus 1% van 10 000 van die getoetstes is positief), en in B is net 1 000 mense getoets (m.a.w. 1% van 1000 is positief) – watter provinsie het IN WERKLIKHEID die meeste positiewe gevalle??? Dus is hierdie statistieke van NUL EN GENER WAARDE.

Die Wolf ·

146 000 herstel van positief getoets, dan kry jy die regte syfer wat positief is.

Karel Kobus Kruger ·

Hierdie covid “fad” hou nogal lank aan. Langer as ander “fads”. Dis tyd dat die mensdom n nuwe “fad” kry. Covid raak nou regtig afgesaag.

Kobus ·

Miskien moet jy news24 se artikel lees van die dokter en die stryd om die healthcare worker om bietjie perspektief te kry oor wat jy as n “fad” beskou en die duisende wat geliefdes verloor het en nog gaan verloor. Die “afgesaagheid” gaan nog vir baie lank aanhou en hoe vinniger jy dit besef hoe beter. Alle aanduidings is daar dat die virus se nagevolge baie groter gesondheidsrisikos inhou as wat daar aanvanklik gedink is en dat n teenmiddel waarskynlik nie die oplossing is waarop daar gehoop is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.