Covid-19-statistieke: Amper 4 miljoen toetse al gedoen

Foto: ‘n Persoon word getoets vir Covid-19. (AP Photo/Brian Inganga)

Suid-Afrika het nou meer as 653 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 923 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 653 444 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 15 705 nadat nog 64 sterftes aangemeld is: 24 in KwaZulu-Natal, 14 in Gauteng, nege in die Wes-Kaap, ses in die Noord-Kaap en 11 in Mpumalanga.

Tot dusver het 584 195 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 89,4%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 961 179 toetse vir Covid-19 gedoen, 20 962 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap87 66313,4%
Vrystaat42 6026,5%
Gauteng215 89833%
KwaZulu-Natal116 91017,9%
Limpopo14 3642,2%
Mpumalanga25 9864%
Noordwes27 5274,2%
Noord-Kaap13 7272,1%
Wes-Kaap108 76716,6%
Totaal653 444100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 05583 629979
Vrystaat83828 58613 178
Gauteng3 947191 92320 028
KwaZulu-Natal2 449107 2827 179
Limpopo32513 413626
Mpumalanga49624 653837
Noordwes32522 9484 254
Noord-Kaap18210 4863 059
Wes-Kaap4 088101 2753 404
Totaal15 705584 19553 544

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lizzy8 ·

4 miljoen toetse uit ‘n bevolking van ek dink 59 miljoen? Is dit soos in 6.7 % Hmm laat mense wonder. Is dit al wat hulle kon doen in hoeveel maande

Pieter ·

Was daar nie ‘n belofte van anc dat omtrent 80% van die bevolking getoets sou word nie? Soos al die ander beloftes waaraan ons gewoond is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.