Covid-19-statistieke: Amper 400 000 herstel reeds

Minister Zweli Mkhize. Foto: @DrZweliMkhize/Twitter

Suid-Afrika het nou al meer as 545 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bevestig dat 545 476 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Tot dusver het 394 759 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 72%.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 9 909 nadat nog 305 sterftes aangemeld is: 57 in die Oos-Kaap, 136 in Gauteng, 76 in KwaZulu-Natal, 29 in die Wes-Kaap en sewe in die Noord-Kaap.

Suid-Afrika het tot dusver 3 183 658 toetse vir Covid-19 gedoen, 33 851 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap81 61515%
Vrystaat26 8774,9%
Gauteng189 15934,7%
KwaZulu-Natal92 84417%
Limpopo10 1381,9%
Mpumalanga18 2663,3%
Noordwes21 3153,9%
Noord-Kaap6 1851,1%
Wes-Kaap99 02718,2%
Onbekend500%
Totaal545 476100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap2 09074 936
Vrystaat35011 832
Gauteng2 524135 485
KwaZulu-Natal1 19253 509
Limpopo906 876
Mpumalanga13913 322
Noordwes10910 182
Noord-Kaap613 089
Wes-Kaap3 35485 528
Totaal9 909394 759

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

daniel ·

Die herstel syfer lyk nie reg nie. Hoe meer mense getoets word hoe meer herstel
Ek dink die Chinese apparaat is foutief.
Dit is bekend dat die BIOEASY stelsel onakkuraat is.

Jacobus ·

Herhaal weer die arme man doen ‘n eierdans tussen die werklikheid en wat polities van hom verwag word. Pole appart!

Simon ·

Mooi so! Die ANC prestasies gaan hulle nog in die Guinness Book of World Records laat beland.

Rentia ·

72% herstelkoers, en ons sluit die wêreld vir ‘n “pandemie”? Miljoene is werkloos, duisende het letterlik alles verloor?

Kobus ·

Jou wereld is maar klein, met meer as 18 miljoen wat die virus het en meer as 700 000 sterftes en duisende wat elke dag sterf. Miskien moet jy bietjie wyer lees en dink.

Rentia ·

Miskien moet jy liewer begin wyer lees en dink… Feite soos gegee deur worldometers.info

7.800 000 000 mense in die wêreld rofweg.
7,850,413 Communicable disease deaths this year
295,113 Seasonal flu deaths this season
4,596,581 Deaths of children under 5 this year (KOBUS!!!)
25,725,481 Abortions this year (KOBUS!!!)
1,016,590 Deaths caused by HIV/AIDS this year (KOBUS!!!)
4,966,613 Deaths caused by cancer (KOBUS!!!)
816,326 Road traffic accident fatalities this year (KOBUS!!!)
Die syfers hou jy dop hoe dit groei.
Kry JY liewer jou feite reg voor jy jou onkunde ten toon stel… Hoeveel mense het gesterf aan slegs covid alleen? Sonder enige ander oorsaak hoegenaamd (geen bloeddruk probleem, geen kroniese siekte, geen infeksie van enige aard nie, geen sinus selfs?) Waar is daardie statistieke? So sê weer hoe regverdig ‘n herstelkoers van 72% ‘n totale wêreldsluiting? Hoekom sluit ons nie vir TB al 30 jaar terug wat deur die lug aasteek? vigs ens?

Kobus ·

Jou persoonlike definisie of dit as n “pandemie” beskou moet word is nie tersaaklik nie, dit is reeds as n pandemie 7mnde terug verklaar. Jou argument om iets soos padsterftes met covid te vergelyk, bevestig jou onkunde, vergelyk ten minste appels met appels. Doen jou n guns en kyk wat in Lande soos die VSA, Brasilie en selfs in Mexico aan die gebeur is. Ek bly in N-Amerika, my vrou is n mediese dokter wat gewerk het in n covid kliniek, n familielid is n spesialis in SA en deel van n covid response team. Ek ken mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander wat by die dood gedraai het. Gaan kyk na CTV, CNN, Sky news, CBC, praat met dokters, verpleegpersoneel en kundiges. Alle sterftes is n tragedie, ongeag die oorsaak. Covid gaan nog ongelukkig baie lewens eis en so meer mense dit ontken, so erger gaan die gevolge wees. In die VSA neem die getalle steeds toe en in die meeste lande wat inperkings verswak het, begin getalle weer styg. SA’s is resilient en dit sal beter raak.

Rentia ·

Die feit dat jy nie eers in Suid Afrika woon nie, en “Lande soos die VSA, Brasilie en selfs in Mexico aan die gebeur is” met Suid Afrika probeer vergelyk is totaal sonder insig. Ek is self in mediese bedryf. Ek het self mense verloor, maar ek weet ook wat ons gedwing word om te doen. Ek gaan sowaar nie my laat voorsê deur iemand wat aan die ander kant van die wêreld is nie, en nie eers self in die stryd is nie. Ek het ook nie covid met padsterftes vergelyk nie. Ek het jou bloot gewys dat bitter baie meer lewens verloor word op baie ander maniere. Bepaal jou by jou eie sake in jou “eie land”, ons het genoeg hier om te doen sonder inmenging.

Kobus ·

Foeitog, weereens wys dit hoe klein jou wereld is. Die virus ken nie grense nie, maar kom ons laat dit daar, jy is duidelik nie iemand wat kan redeneer nie. Sterkte met die ” stryd”, wat dit ookal vir jou beteken.

Jan ·

Die werklike herstelkoers word verdoesel. Dit is wêreldwyd meer as 99% van die bevolking in Suid-Afrika en 98,4% van bevestigde gevalle.

Adriana ·

Hoekom is ons nog op lockdown, verstaan dit nie, as die herstel proses so goed is volgens syfers. Gaan ons nou verewig moet weg kruip, laat ons hierdie land se ekonomie aan die gang kry.

Kiki ·

Hoera!!! Geluk Covid is gewen maar steeds is ons ingehok.
Mense verloor werke waarom as statistieke so Oorwinning het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.