Covid-19-statistieke: Amper 450 000 gevalle reeds aangemeld  

Minister Zweli Mkhize. Foto: @DrZweliMkhize/Twitter

Altesaam 445 433 mense in Suid-Afrika het nou reeds positief getoets vir Covid-19.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig nog 114 mense het intussen weens Covid-19 gesterf: sewe in die Oos-Kaap, 29 in Gauteng, 12 in KwaZulu-Natal, 30 in die Wes-Kaap, 34 in Limpopo en twee in die Noord-Kaap.

Dit bring die land se dodetal op 6 769 te staan.

Volgens Mkhize het 265 077 pasiënte in Suid-Afrika reeds herstel – ʼn herstelkoers van 59,5%.

Nog 42 966 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 2 773 778 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap73 58516,5%
Vrystaat16 4823,7%
Gauteng160 15436%
KwaZulu-Natal64 06114,4%
Limpopo7 0761,6%
Mpumalanga11 0082,5%
Noordwes17 3383,9%
Noord-Kaap3 6000,8%
Wes-Kaap92 07920,7%
Onbekend500%
Totaal445 433100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap1 45758 290
Vrystaat632 075
Gauteng1 56492 346
KwaZulu-Natal61421 251
Limpopo673 466
Mpumalanga524 995
Noordwes486 076
Noord-Kaap291 223
Wes-Kaap2 87575 355
Totaal6 769265 077

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

Jy weet nie waar van jy praat nie jy en jou ANC sirkus raai maar net.

Pio ·

Ek mis seker iets?
Persentasie bevestige gevalle is tans minder as 0,01% van die bevolking.
Dood aan Covid(word beweer), 1.1231e-4%
Hier is definitief ‘n ander agenda!!
My voorstel is ignoreer hierdie maligheid, en gaan normaal aan met jou lewe.

Magda ·

Ai tog – so breinloos dat hulle nie eers agterkom wat hulle eintlik se nie.

Magda ·

Stel nie belang nie – ja ek kon nie gereply het omdat ek NIE belangstel nie, maar wag nog steeds vanaf 24 Junie 2020 vir my dogter se Staats Covid19 uitslae vanaf Pretoria Wes Hospitaal. – so NIKS wat julle is KAN KORREK WEES NIE. so blalalalalblalalblalala DO NOT CARE @ ALL

sopbeen ·

Net ‘n vragie. Wat van die mense wat in die publiek urinate. Is die vuris nie daar teenwoordig nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.