Covid-19-statistieke: Amper 60 000 aktiewe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het in hierdie stadium net minder as 60 000 aktiewe gevalle van Covid-19 nadat nog 4 209 mense positief vir die virus getoets is.

Volgens die departement van gesondheid is daar tans 59 860 aktiewe Covid-19-gevalle landwyd.

Altesame 1 704 058 positiewe gevalle is tot dusver aangemeld en 1 587 015 mense het reeds van die virus herstel. Die herstelkoers staan tans op 93%.

Nog 120 sterftes is ook bevestig. Die algehele sterftesyfer weens Covid-19 staan tans op 57 183.

Volgens die departement is 1 433 730 inentings tot dusver ingevolge die regering se massa‑inentingsprogram gedoen. Die departement sê hy het ook die mylpaal bereik van meer as ʼn miljoen inentings van diegene ouer as 60.

Dr. Sandile Buthelezi, direkteur-generaal van die departement van gesondheid, het intussen gesê hulle neem kennis van pres. Cyril Ramaphosa se besluit om die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, op spesiale verlof te plaas hangende die uitslag van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek na die omstrede Digital Vibes-kontrak.

“Nodeloos om te sê, hierdie is moeilike omstandighede waarin ons ons bevind.”

Buthelezi het Suid-Afrikaners die versekering gegee dat die departement verbind bly tot en die vaardigheid het om die Covid-19-pandemie te bestuur en ʼn versnelde inentingprogram onder die leiding van die waarnemende minister van gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, te bedryf.

Ramaphosa het Kubayi-Ngubane, ook die minister van toerisme, Dinsdag tydelik in dié pos aangestel.

Mkhize het Dinsdag, tydens ʼn besoek aan inentingsentrums in die Noord-Kaap en kort voor die aankondiging oor sy verlof gedoen is, gesê hoewel die hele land nog nie in die greep van ʼn derde vlaag van die koronavirus is nie, bevind die Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Gauteng hulle reeds in die derde vlaag.

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hettie

Derde vlaag in Noordwes, skole sluit weens covid , maar geen syfers dag na dag ! hoekom word dit toegelaat !

Abraham

Hoe akkuraart is die syfers? Ek vra maar net…

Oom Kaspaas

DIT WAS GISTER 61 200 …

Swerwer

Hierdie hele Covid storie is ‘n sirkus. Solank daar nie daadwerklik teenoor die mede landsburgers opgetree word wat nie maskers dra nie, en dissipline nie toegepas word op die mede landsburgers nie, sal dit ‘n sirkus bly. Die totale sterfte syfers is ook nie korrek nie. Kollegas vertel ons wat in hul woonbuurte aangaan en hoeveel sterftes daar is as gevolg van Covid, as alles bymekaar getel word klop dit beslis nie met Dept Gesondheid se syfers nie. Begrafnisse en byeenkomste en “After tears” gaan nog steeds voort soos voorheen. Die SAP ens ry verby sulke geleenthede want hul is… Lees meer »

Visman

Nie hieroor of daaroor, kyk die datum waarop bekend en die link onderaan = .co.za – April 8th, 2020 Coronavirus Watch En die hele wêreld, insluitend SAPHRA / WHO het geskop daarteen, maar wil mense inent met eksperimentele vaksines en nou op mense getoets word … The Monash Biomedicine Discovery Institute‘s Dr Kylie Wagstaff, who led the study, said the scientists showed that the drug, Ivermectin, stopped the SARS-CoV-2 virus growing in cell culture within 48 hours. “We found that even a single dose could essentially remove all viral RNA by 48 hours and that even at 24 hours there… Lees meer »