Suid-Afrika het nou meer as 1 712 900 bevestigde Covid-19-gevalle met 8 881 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Woensdagaand bevestig dat 1 712 939 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 16,5%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (5 111) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (783) en Noordwes (650).
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 57 310 nadat nog 127 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 1 589 501 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 92,8%.
Suid-Afrika het tot dusver 11 985 750 toetse vir Covid-19 gedoen, 53 732 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 1 150 hospitaalopnames waarvan die meeste in Gauteng (587) was. Daar is tans altesaam 7 194 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Altesaam 479 768 gesondheidsorgwerkers is tydens die eerste fase van die inentingsprogram ingeënt. Meer as 1 043 000 mense is reeds tydens die tweede fase ingeënt.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 199 165 | 11,6% |
Vrystaat | 105 411 | 6,2% |
Gauteng | 484 116 | 28,3% |
KwaZulu-Natal | 341 871 | 20,% |
Limpopo | 66 642 | 3,9% |
Mpumalanga | 84 510 | 4,9% |
Noordwes | 79 982 | 4,7% |
Noord-Kaap | 53 433 | 3,1% |
Wes-Kaap | 297 809 | 17,4% |
Totaal | 1 699 849 | 100% |
Sterftes en gevalle wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 11 688 | 186 148 |
Vrystaat | 4 503 | 91 841 |
Gauteng | 11 519 | 446 765 |
KwaZulu-Natal | 10 548 | 325 464 |
Limpopo | 2 496 | 62 822 |
Mpumalanga | 1 464 | 81 105 |
Noordwes | 1 996 | 70 085 |
Noord-Kaap | 1 196 | 44 472 |
Wes-Kaap | 11 900 | 280 799 |
Totaal | 57 310 | 1 589 501 |
Daar vat die die sneeu en koue nou !!!
Nie-farmaseutiese maatreëls word geensins konsekwent toegepas nie. Op straat-openbaar-sien ons in my dorp talle mense sonder maskers rondloop. Mense wat inkopies doen loop doelbewus by die mense verby waar handreiniger gespuit word. Is dit snaaks dat Covid-19 gevalle bly toeneem as mense die wêreld vol rondrits?
Deel maskers,sanitisers en kondome uit dan sal die Covid dalk bietjie afneem. Komberse is nie meer
nodig nie want oral waar jy gaan bedel instansies vir komberse om aan die arme minderbevoorregtes uit te deel. Hul kry verniet sop en brood om die innerlike te versterk. So die regering het eintlik min verantwoordelikheid teenoor die minderbevoorregtes want soos voorheen word daar vir hul gesorg deur die rassiste.
maak Gauteng se grense onmiddelik toe
Die grafiek hierbo wys duidelik die verband tussen aantal toetse en “gevalle”. Dis winter en verkoues neem toe. Coronavirusse wat verkoue veroorsaak word deur die CPR-toets opgetel na tot 45 konsentrasie-siklusse. Mense, hanteer jul verkoues soos voor 2020 en moenie daarmee dokter toe hardloop en vir Covid-19 laat toets nie. Daarsonder is daar geen pandemie nie. Totale wereldwye sterftes weens Covid-19 (wyd geinterpreteer) tans 200,000 per maand teenoor 9 miljoen totale sterftes per maand, ‘n druppel in die emmer.
Sal jou moet verkla as jy aanhou met jou misinformasie
Jy dink alles waaroor jy oningelig is is disinformasie. Ek het toegang tot wetenskaplike bronne. Daar is duisende dokters wereldwyd wat die lig sien. Tewens, ‘n klag van bedrog is reeds ingedien teen die WGO en meelopers.