Covid-19-statistieke: Amper 9 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 712 900 bevestigde Covid-19-gevalle met 8 881 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Woensdagaand bevestig dat 1 712 939 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 16,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (5 111) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (783) en Noordwes (650).

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 57 310 nadat nog 127 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 1 589 501 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 92,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 11 985 750 toetse vir Covid-19 gedoen, 53 732 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 1 150 hospitaalopnames waarvan die meeste in Gauteng (587) was. Daar is tans altesaam 7 194 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Altesaam 479 768 gesondheidsorgwerkers is tydens die eerste fase van die inentingsprogram ingeënt. Meer as 1 043 000 mense is reeds tydens die tweede fase ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap199 16511,6%
Vrystaat105 4116,2%
Gauteng484 11628,3%
KwaZulu-Natal341 87120,%
Limpopo66 6423,9%
Mpumalanga84 5104,9%
Noordwes79 9824,7%
Noord-Kaap53 4333,1%
Wes-Kaap297 80917,4%
Totaal1 699 849100%

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap11 688186 148
Vrystaat4 50391 841
Gauteng11 519446 765
KwaZulu-Natal10 548325 464
Limpopo2 49662 822
Mpumalanga1 46481 105
Noordwes1 99670 085
Noord-Kaap1 19644 472
Wes-Kaap11 900280 799
Totaal57 3101 589 501

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Samuel ·

Nie-farmaseutiese maatreëls word geensins konsekwent toegepas nie. Op straat-openbaar-sien ons in my dorp talle mense sonder maskers rondloop. Mense wat inkopies doen loop doelbewus by die mense verby waar handreiniger gespuit word. Is dit snaaks dat Covid-19 gevalle bly toeneem as mense die wêreld vol rondrits?

Anoniem ·

Deel maskers,sanitisers en kondome uit dan sal die Covid dalk bietjie afneem. Komberse is nie meer
nodig nie want oral waar jy gaan bedel instansies vir komberse om aan die arme minderbevoorregtes uit te deel. Hul kry verniet sop en brood om die innerlike te versterk. So die regering het eintlik min verantwoordelikheid teenoor die minderbevoorregtes want soos voorheen word daar vir hul gesorg deur die rassiste.

Dirk Mostert ·

Die grafiek hierbo wys duidelik die verband tussen aantal toetse en “gevalle”. Dis winter en verkoues neem toe. Coronavirusse wat verkoue veroorsaak word deur die CPR-toets opgetel na tot 45 konsentrasie-siklusse. Mense, hanteer jul verkoues soos voor 2020 en moenie daarmee dokter toe hardloop en vir Covid-19 laat toets nie. Daarsonder is daar geen pandemie nie. Totale wereldwye sterftes weens Covid-19 (wyd geinterpreteer) tans 200,000 per maand teenoor 9 miljoen totale sterftes per maand, ‘n druppel in die emmer.

Dirk Mostert ·

Jy dink alles waaroor jy oningelig is is disinformasie. Ek het toegang tot wetenskaplike bronne. Daar is duisende dokters wereldwyd wat die lig sien. Tewens, ‘n klag van bedrog is reeds ingedien teen die WGO en meelopers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.