Covid-19-statistieke: Amper helfte herstel al van virus

Dr. Zweli Mkhize. Foto: GCIS

Die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het teen Sondagaand op 22 583 gestaan.

Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het 11 110 mense reeds van die virus herstel. Daar is intussen nog 22 Covid-19-verwante sterftes aangeteken en die nasionale dodetal staan nou op 429.

Die Wes-Kaap het steeds verreweg die meeste Covid-19-gevalle, naamlik 14 740 (65,3%). Gauteng het 2 773 gevalle (12,3%) en die Oos-Kaap 2 690 (11,9%). Daar is reeds 281 sterftes in die Wes-Kaap aangeteken, gevolg deur 59 in die Oos-Kaap en 49 in KwaZulu-Natal.

Volgens Mkhize is 583 855 Covid-19-toetse reeds gedoen, waarvan 19 485 in die afgelope 24-uur-toetssiklus gedoen is.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand tydens sy toespraak aan die land gesê 842 mense word in hospitale vir Covid-19-simptome behandel, van wie 128 in hoë sorg is. Hy het ook bekend gemaak dat al meer as 12 miljoen siftings gedoen is.

“Daar is nagenoeg 60 000 gemeenskapsgesondheidsorgwerkers wat van deur tot deur gaan reg oor die land om moontlike gevalle van die koronavirus te identifiseer.”

Volgens Ramaphosa is ter voorbereiding van die verwagte toename in infeksies 20 000 hospitaalbeddens vir Covid-19-gevalle opsygesit en word 27 veldhospitale landwyd gebou. Sommige van dié hospitale is reeds gereed om pasiënte in te neem.

Ramaphosa het bygevoeg een van die grootste uitdagings is die tekort aan diagnostiese mediese toerusting en dit het bygedra tot die tydsame omkeertye van die toetsing vir die koronavirus.

“Daar is ʼn reusepoging wêreldwyd aan die gang om ʼn entstof te ontwikkel en Suid-Afrika is deel hiervan.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan

Met die anc sal hulle enige iets se om aan ons te bewys dat hulle weet wat hulle doen. Wag sie syfers sal,nog uitkom

JohanEtz

Regering bluf/troos hulself met hul syfers. Dié wat getoets, herstel, of gesif is – is nie bevrywaar dat hulle nie weer sal siek word/nie sal siek word nie. Dié herstellers se liggame kan sodanig afgetakel wees, dat ‘n tweede of derde virus aanval, noodlottig kan wees…. Wat COVID 19 self betref – ek kan myself nie daarvan oortuig dat almal rondom die aardbol tegelyk mislei kan word nie. Ek glo dat die virus wel bestaan. Dat sommige regerings dit tot hul eie voordeel/verskuilde agends kan gebruik, is natuurlik moontlik en baie debateerbaar…. As volwassenes, ouers, werkgewers, gemeenskapsleiers, ens ens –… Lees meer »

4ntj13

Kritiek belangrike vrae: – Net 128 in hoësorg? Of is dit eerder intensiewe sorg? (Daar is ʼn groot verskil.) Waar? Wat is die kapasiteit? Dis die belangrikste meting van “sukses”. – As ons plebiete nie weet waar presies hierdie “clusters” is nie, kan ons nie werklik veilig wees nie. Die Amerikaners wys hulle s’n duidelik in “countys”, waar dit sin maak en vrees teenwerk. – As hulle al die toetse mors op simptoomvrye deur-tot-deur siftings, ontneem hulle nie net baie siek mense van betydse resultate nie, maar dryf ook verarming en vrees ipv om dit aan te spreek. Dis sinloos… Lees meer »

Kobus2

Vriende, ek gaan moontlik oor die kole gehaal word oor my stelling, maar almal wéét (dwarsoor die wêreld!) dat hierdie Covid 19 “getalle” word gemanipuleer. Vraag is net: HOEKOM?

Willem

Stem Jan die mense wat hul nie toets nie gaan siek raak kyk mooi die gemors. Hierdie vlakke is vir die AU en WGO wat die anc prys vir hulle hantering van die virus. My wereld steur sy people hul nie aan vlakke nie. Dink ons is al by 1