Covid-19-statistieke: Beurtkrag, betogings ontwrig inentings

Daar is nog geen aanduiding hoeveel mense Maandag ingeënt is nie. (Foto: Dr. Zweli Mkhize/Twitter)

Die eerste dag van die tweede fase van Suid-Afrika se massa-entstofverspreidingsprogram vir Covid-19 het “betreklik goed” verloop in die onderskeie provinsies.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê egter beurtkrag – wat Sondag in werking gestel is en tot enkele ure gelede nog geduur het – asook gewelddadige betogings in die Vrystaat, het die grootste uitwerking op die program gehad.

Volgens Mkhize kon die meeste entstofsentrums hul werk voortsit. Talle van die data oor inentings is met die hand gedoen en die syfers moet nog gerekonsilieer word. Dieselfde moet met die getalle by ouetehuise gedoen word.

Die inentingsgetalle vir die tweede fase van die program sal gevolglik van Dinsdag af bekend gemaak word.

Mkhize sê die departement gaan ʼn paneelbord bekend stel wat die inentingsgetalle in reële tyd sal aandui.

Verskeie gemeenskapsleiers ouer as 60 jaar het na vore gekom om in die openbaar ingeënt te word.

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu was een van die gemeenskapsleiers ouer as 60 wat die entstof ontvang het. (Foto: Twitter)

“Ons is diep dankbaar vir hul patriotisme en leierskap en weet dit gaan help om vertroue in die entstowwe en die entstofproses te skep.”

Mkhize het ook weer ʼn beroep op alle gesondheidswerkers, ook tradisionele genesers, asook burgers ouer as 60 jaar, gedoen om vir die program te registreer.

Só lyk syfers

Intussen is 1 757 nuwe gevalle van die virus bevestig wat die algehele syfer op 1 615 485 te staan bring.

Aktiewe getalle staan tans op 33 587.

Nog 50 bykomende sterftes is ook bevestig. Hiervan was vier in die Oos-Kaap, 30 in die Vrystaat, ses in Gauteng, agt in die Noord-Kaap en twee in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga of Noordwes aangemeld nie. Die algehele sterftesyfer weens Covid-19 is nou 55 260.

Altesame 19 505 toetse vir Covid-19 is gedoen, waarvan 59% in die private sektor.

Die herstelkoers is effens minder – dit staan nou op 94,5% – en tot dusver het 1 526 638 mense van die virus herstel.

ProvinsieSterftesReeds herstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 619184 660331
Vrystaat4 04885 1015 811
Gauteng10 881416 7617 679
KwaZulu-Natal10 459322 9074 724
Limpopo2 33661 766360
Mpumalanga1 42177 5571 056
Noordwes1 79864 4894 908
Noord-Kaap98737 7976 159
Wes-Kaap11 711275 6002 559
Totaal55 2601 526 63833 587

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

BAREND ·

Beurtkrag is nie veronderstel om ‘n probleem te wees nie, by alle mediese sentrums moet bystand kragopwekkers wees. As dit nie so is nie beteken dit dat die regering nie omgee vir mense se lewens en dit sien ek as poging tot moord. Daar is geld vir blink motors en nie vir opwekkers.

JM ·

Nie ‘n woord word gerep oor die patriotisme van wittes nie! Patetiese en rassistiese spul.

virginia ·

Daar sal altyd n verskoning wees hoekom iets nie gedoen word nie. Wat is die volgende verskoning?

E ·

Dit klink of daar diep beplanning vooraf gemaak is… Eintlik is ek verbaas dat ons enigsins soveel mense ingeent het. Maar meeste mense met wie ek praat se hou verby.

Grassie ·

Twee familielede van my, albei in die mediese beroep, is onlangs ingeënt. ‘n Paar dae later het bloedtoetse gewys dat die antiliggaampies in hul bloed wat die covidvirusse vernietig baie vermeerder het. Hulle is dus immuun teen covid of sal dit slegs in ‘n ligte graad opdoen. Snaaks genoeg, nie een van hulle het bloedklonte of ander ellendes opgedoen weens die entstof nie. Diegene onder ons wat so gekant is teen inenting benadeel dalk net hulself of hul gesinne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.