Suid-Afrika het teen Woensdagaand altesaam 2 327 472 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 16 240 nuwe gevalle is aangemeld.
Nog 516 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 68 192 te staan bring.
Altesaam 2 098 818 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 160 462 aktiewe gevalle van Covid-19.
Die departement van gesondheid het aangedui dat altesaam 5 831 389 mense teen Woensdagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.
Aantal aktiewe gevalle per provinsie:
Gauteng: 46 391
Wes-Kaap: 31 854
Noordwes: 21 290
KwaZulu-Natal: 18 992
Limpopo: 10 866
Vrystaat: 12 186
Mpumalanga: 8 462
Oos-Kaap: 5 971
Noord-Kaap: 4 450
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
43 Kommentare
En so maai die China Virus onder ons ou volkie.
Dus het minder as vier persent van die land se bevolking die virus opgedoen, gemeet oor ‘n 18-maande tydperk sedert die eerste uitbreking. En daarvoor is sestig miljoen mense se lewenstandaard aangetas. Lekker statistiese oëverblindery!
Maak tog net oop, ek is lus vir ń bier..
Die sterftesyfer die afgelope Paar dae Bly aan die 500 raak.
Dus darem Baie, Hoop die virus Kan gewen word.
Ek wonder hoeveel van die mense wat so maklik vinger wys en simpel kommentaar lewer was al geraak deur die covid 19. Ek glo as mense self deur dit gegaan het dan sal hul beter verstaan en besef dat die nie n siekte is waarmee jy speel nie. Daar is ook geen bewys dat China die virus gemaak het nie. Mense veroorsaak meer paniek as enige iets anders.