Covid-19-statistieke: Bykans 500 nuwe sterftes

Argieffoto bloot ter illustrasie van die koronavirus. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het teen Woensdagaand altesaam 2 327 472 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 16 240 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 516 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 68 192 te staan bring.

Altesaam 2 098 818 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 160 462 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die departement van gesondheid het aangedui dat altesaam 5 831 389 mense teen Woensdagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.

Aantal aktiewe gevalle per provinsie:

Gauteng: 46 391
Wes-Kaap: 31 854
Noordwes: 21 290
KwaZulu-Natal: 18 992
Limpopo: 10 866
Vrystaat: 12 186
Mpumalanga: 8 462
Oos-Kaap: 5 971
Noord-Kaap: 4 450



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Pietertjie ·

Dus het minder as vier persent van die land se bevolking die virus opgedoen, gemeet oor ‘n 18-maande tydperk sedert die eerste uitbreking. En daarvoor is sestig miljoen mense se lewenstandaard aangetas. Lekker statistiese oëverblindery!

MakersMark ·

Regtig ? Oëverblindery ? Dalk vir die wat nie die ernstigheid van weghol infeksies wil aanvaar nie. Maar so van oë gepraat iemand het gese “daar is niemand so blind as iemand wat nie wil sien nie”.

Casper ·

Pietertjie,jy maak nie melding van die duisende sterftes nie of is dit ook oëverblindery.Feit is mense dink nog steeds dit is ‘n grap en ignoreer gesondheidsprotokolle.

pokkel ·

die probleem is dat hospitale oorweldig word wanneer daar te veel infeksies is en ons mensDOM het in elkgeval nodig om hoe ons lewe en wat ons aan die aarde doen met ons gejaag na Geld (wat eintlike meeste van ons se god se naam is) te heroorweeg

Nicolaas ·

Ek ken seker ‘n handvol mense wat nooit gaan toets het nie… so ek is seker daar veel meer mense wat ook nie gaan toets het nie. Die statistieke is heeltemal uit, daar is veel meer infeksies deur die land as wat ons dink.

MakersMark ·

Ek weet van ander gunners wat “sha na na” is nou ja as dit nie bewys is nie. Ha ha.

VaalDonkie ·

Jinne meneer, ek het al vergeet hoe smaak brannewyn. As die winkel oopmaak gaan ek sommer my kind se skoolgeld alles op ‘n kis brannewyn uitgee. Hoop maar se verstaan.

Hendrik Marthinus ·

Die sterftesyfer die afgelope Paar dae Bly aan die 500 raak.
Dus darem Baie, Hoop die virus Kan gewen word.

Francois Le Cochon ·

Hendrik, ja ons almal hoop so. Net ongelukkig dat die Covid Cowboys dit langer sal laat neem.

Hendrik Marthinus ·

Stem Sir
Hoop die onluste bedaar en persele wat Kan inent eersdaags volstoom weer besig
Sien darem al amper 6 milj in SA ingeent.
Baie lesers Sal nou se ja Steeds stadig, maar at least dus 6 miljoen
Ek verneem die ouderdom groep van 35 en op het Baie al ingestem om ingeent te word.
So kom ons wees positief en Hoop ons land Kan die pandemie wen.

VaalDonkie ·

Francois, kom bietjie by. Daai inspuitinkie keer nie dat jy COVID kry OF dit versprei nie. Die van ons wat eers wag vir die dier-toetse om afgehandel te word gaan nie dit langer laat aanhou nie want julle is net so aansteeklik soos ons.

MakersMark ·

Dis maar tough. Inenting keer nie dat jy CV19 kry of dalk versprei nie maar dit keer 95% vir erge infeksie, hospitalisasie of afsterwe. So ek kry die inenting. Dis maar ‘n persoonlike issue.

Danie ·

Ek wonder hoeveel van die mense wat so maklik vinger wys en simpel kommentaar lewer was al geraak deur die covid 19. Ek glo as mense self deur dit gegaan het dan sal hul beter verstaan en besef dat die nie n siekte is waarmee jy speel nie. Daar is ook geen bewys dat China die virus gemaak het nie. Mense veroorsaak meer paniek as enige iets anders.

Francois Le Cochon ·

Danie, my observasie is dat Covid Cowboys wel tot insig kom hoe nader die virus aan hulle kom.

Pietertjie ·

Die kommentaar gaan nie oor die virus per se nie, maar wel oor hoe die situasie hanteer word deur beide die bevolking wat bitter min weet van higiëne, en ‘n regering wat die kans aangryp om die bevolking verder te mislei met ongegronde “maatreëls” van inperking en ontneming, en verder sy mags-hebsug en kleptokrasie uitbou. Daar is ‘n hele paar covid-gevalle in my familie; ek is ‘n mediese mikrobioloog en afgetrede statistikus, en weet PRESIES waaroor dit gaan.

MakersMark ·

Hoe kan jy jouself ‘n mikrobioloog noem en jy sê die voorkomings maatreëls van dra van maskers, sanitasie en afstandhouding is “ongegrond”……weet jy hoe virusse versprei ??

Hendrik Marthinus ·

Stem MakersMark
N Persoon met Sy kennis moet Meer vir inentings wees, en die publiek aanraai om die vaccine te vat.
Gesels oor die voordele wat die nadele oorskrei by verre

Hendrik Marthinus ·

Pietertjie
Met jou kennis en met Baie respek, jy is die tipe persoon met die tipe ervaring om mense mee te deel van die voordele van die vaccine.
Respekteer jou insette, maar die hele wereld wat inperkings in gestel het Kan nie almal verkeerd wees nie.
Eers nou maak lande grense oop en verswak Lockdown levels, en dus oor een rede alleenlik.
En jy weet soos ek dus oor hulle bevolking wat luister en ingeent is.

Dirk Mostert ·

Op die TV-nuus gisteraand was dit net duskant 600 sterfgevalle. Ek dink die entveldtog begin nou sy kant te bring.

Anoniem ·

In Amerika is 99% van die sterftes mense wat nie ingeënt is nie

MakersMark ·

In die UK en Israel ook. Maar die balhoriges, domastrantes en sameswerings teorieë dissipels steur hul nie aan statistiek nie.

Hendrik Marthinus ·

Inentings werk
Die mense Sal nog besef, soos ek al vantevore gese het, in my opinie oorskry die positiewe die negatiewe, Daarom voel ek dus die korrekte keuse om ingeent te word.
Soos ek ook se ek respekteer die persoon wat voel dus nie vir hom of haar nie.
Al wat ek se en vra is, moenie fopnuus versprei om jou beter te laat voel nie.
Respekteer die wat vir die vaccine ook is

MakersMark ·

Hou op fopnuus insinueer. As daar net bietjie verder gedink word sal jy opmerk dat sterftes piek so twee of drie weke weke na infeksies piek.

Karel Kobus Kruger ·

Alhoewel ek neutraal staan teenoor fopnuus, wonder ek tog of iemand al regtig in n hof daaraan skuldig bevind is en n boete of tronkstraf opgelê is. Ek het nog nêrens in die media daarvan gelees nie.

Kokerboom ·

‘n Behoorlik funksionerende staat sou nie so halstarrig opgetree het en die privaatsektor met taak van inenting vertrou het. Sodoende sou ‘n baie groter % van bevolking al ingeent gewees het en risiko al kleiner gewees het!

Wicus ·

Ek het die twee spuite weg. Het ook nog elke jaar die griep inenting gaan kry. Covid verwar my baie weens al die menings wat daar is, dus het ek maar vertwyfeling of die inenting die regte ding was om te doen, wat my bekommer maak is of dit lang termyn gevolge het. Aan die anderkant ken ek nou te veel mense wat oorlede is daaraan en ook mense wat naby die dood omgedraai het en diesulkes wat herstel het maar sukkel met lang Covid.

Ongeag hoe en wie se skuld Covid is dink ek ook ons regering kon dit beter hanteer het en dink ek mens moet alles moontlik doen om dit te vermy.

Hendrik Marthinus ·

Ek hou van jou kommentaar Wickus
Jy versprei nie fopnuus nie, en dus n persoonlike keuse wat jy gemaak het.
Stem met jou oor die wyse waarop die land die Krisis hanteer het.
Maar ek staan Nie op vir die regering nie.
Maar ek Dink wereldwyd was alle lande maar gevang met die covid.
Onthou so n pandemie gebeur nie elke dag nie, en jy Kan dit nie oefen nie.
Kom ons Hoop vir die toekoms dat die nuwe generasie beter voorbereid Sal wees vir die volgende pandemie
Hoop nie so iets gebeur weer nie, maar dat ons land dit beter Sal hanteer.
En ons regerende party Hulle interne probleme Sal uitsort, want kyk wat gaan aan in ons land tesame met die pandemie.

Lanfear ·

Stem saam Wicus. Ek het my eerste spuit weg, en tweede een om die draai. Ken ook nou al meer as een persoon wat dood is (darem nog nie baie naby nie).

Het gister weer kos en inkopies gevat vir my oudste vriendin wat nou al 3 weke sukkel en baie min beter is (maar nie siek genoeg vir hospitaal nie klaarblyklik). Sy bly alleen, so… Ek weet ook van baie ander mense vir wie dit swaar getref het en selfs maande later nog steeds sukkel om ten volle gesond te word.

Nee wat, ek is 100% ten gunste van die vaccine. En heeltemal moeg en moedeloos met al die conspiracy theories.

Keith ·

They aint gonna stick that long earbud thinggie halfway through my brain. No sirree !
There’s not much going on in there anyway.

Anoniem ·

By die tyd weet ons mos alles word onder ‘n dekmantel gedoen om die skandes en skades weg te probeer steek vir die Wêreld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.