Covid-19-statistieke: Byna 1 600 nuwe gevalle

(Argieffoto: pixabay)

Altesaam 1 561 559 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 599 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 75 sterftes is intussen aangemeld. Dié nuwe sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (14), Vrystaat (9), Gauteng (26), KwaZulu-Natal (24) en die Wes-Kaap (2) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 53 498 te staan.

Volgens Mkhize het 1 486 873 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 95%.

Die land het tans 21 188 aktiewe Covid-19-gevalle.

Nog 34 971 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 10 216 114 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 410184 064264
Vrystaat3 75879 5791 724
Gauteng10 479405 1102 596
KwaZulu-Natal10 295319 8305 249
Limpopo2 24360 970278
Mpumalanga1 37374 225961
Noordwes1 58061 6312 002
Noord-Kaap84233 2153 275
Wes-Kaap11 518268 2494 839
Totaal53 4981 486 87321 188

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

Baie onlangs was daar maar 700 nuwe gevalle. Nou skielik 1600. O ja, nou onthou ek: daars ‘n potensiële langnaweek vir dié wat Maandag die 26ste April kan afkry. Weer ‘n lekker geleentheid om te sê Corona neem toe en dan vinnig alle strande te sluit en so wit toeristebesighede aan die kus skade aandoen.

Dirk Mostert ·

Hoe meer “toetse” hoe meer gevalle. Kyk na die grafiek. Die aantal gevalle kan gemanupileer word.

Alleen Wolf ·

Hoe meer jy toets, hoe meer gevalle sal daar wees, 1600 uit die 35000 toetse dis steeds minder as 5 %, die media soek sensasie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.