Covid-19-statistieke: Byna 13 000 nuwe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie van die koronavirus. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het teen Donderdagaand altesaam 2 734 973 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 12 771 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 357 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 80 826 te staan bring.

Altesaam 2 485 108 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 169 039 aktiewe gevalle van Covid-19.

ʼn Totaal van 66,116 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 26 358 (40%) in die private sektor en 39 758 (53%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is weer in KwaZulu-Natal (28%), gevolg deur die Wes-Kaap (24%), die Oos-Kaap (13%), Gauteng (9%), die Vrystaat (8%), Noord-Kaap (7%), Mpumalanga (5%), Noordwes (4%) en Limpopo (2%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • KwaZulu-Natal: 3610
  • Wes-Kaap: 3038
  • Oos-Kaap: 1657
  • Gauteng: 1149
  • Vrystaat: 965
  • Noord-Kaap: 851
  • Mpumalanga: 635
  • Noordwes: 573
  • Limpopo: 293

Die departement het aangedui dat altesaam 11 648 851 mense teen Donderdagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.