Covid-19-statistieke: Byna 135 000 aktiewe gevalle in SA

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Altesaam 1 417 537 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 4 551 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 243 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (65), die Vrystaat (18), Gauteng (33), KwaZulu-Natal (60), Mpumalanga (5), die Noord-Kaap (5) en die Wes-Kaap (57) aangemeld.

Dit bring die land se dodetal op 41 117 te staan.

Volgens Mkhize het 1 241 421 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 87,6%.

Nog 26 113 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 8 019 239 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap10 137176 7713 618
Vrystaat2 64361 37410 101
Gauteng7 675354 53919 360
KwaZulu-Natal7 432250 19546 528
Limpopo1 02347 5976 039
Mpumalanga87854 3345 665
Noordwes87740 16513 839
Noord-Kaap55126 0564 477
Wes-Kaap9 901230 39025 372
Totaal41 1171 241 421134 999

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

KB ·

Dit bly baie opvallend dat Limpopo vir die tweede agtereenvolgende dag geen sterfgevalle aangemeld het nie maar dat die Noordkaap eergister 2, en gister 5 gevalle gerapporteer het.
Hoe betroubaar is hierdie syfers regtig?

Alet ·

Wat ek wonder is die feit wat genoem word meeste toetse is deur die privaatsektor gedoen. Wat doen die regering dan behalwe om die fondse te plunder en entstowwe to monopoliseer dat dit ook geplunder kan word.

Deon ·

Nog n manier om hul onkunde en skelmgeit weg te steek deur die privaat sektor as die dekmantel te gebruik.

Deon ·

Die privaat sektor moet ophou om die regering heeltyd uit te help, dan kan die regte waarheid wat in SA aangaan begin op die lappe kom…. Die privaat sektor “enable” hul skelmgeite

ONTPS ·

Natuurlik sal minder mense positief toets as minder toetse gedoen word…

Die Wolf ·

Ten minste is daar een entiteit wat kop bo water gehou het gedurende die tydperk.

Baardman ·

Gee kans tot voor die noodtoestand weer verleng moet word, dan kom al die agterstallige resultate weer op een slag deur

Piet ·

Die peiling toon aan dat amper 60% persent van Maroela se lesers (wat gestem het) nie die entstof gaan neem nie. Die konserwatiewe groepie Afrikaners is inderdaad ‘n vreemde spulletjie. Hardkoppig en stroomop van nature Ek sou graag wil weet hoe dit met ander groeperings vergelyk. Maar, meer kans vir ons om die entstof te kry wat dit wil he.

Fritz ·

Na omtrent n jaar saam met die virus, is SA se amptelike sterftesyfer slegs n skamele 0.07% (werk op n bevolking van 58 miljoen). Beslis nie ernstig genoeg om in n lang ry te gaan staan vir n inenting nie. As die sterftesyfer 20% was, was dit dalk n ander storie, maar dit is nie.

Piet ·

Jy moet eerder werk op die sterftesyfer van mense wat wel Covid kry, dis tans meer as 3% in SA (want as jy nie inent nie gaan mense dit kry). Hou ook in gedagte dat dit net die sterftesyfer vir mense is wat formeel positief getoets het. Baie meer mense wat nooit eers getoets is nie, is dood aan die virus.

Fritz ·

Selfs 3% is nog nie genoeg om my te oorreed om al daai moeite vir n inenting te doen nie. Nie eens 5% nie.

Piet ·

As jy so sê. Dink nog ‘n bietjie verder. Ongeveer 20% van alle mense wat getoets word, is positief. So omtrent 12 miljoen mense sal potensieel Covid positief toets waarvan 3% van die 12 miljoen teen die huidige sterftekoers kan sterf. Volgens my berekeninge sal dus ongeveer 360 000 mense sterf teen die huidige koers. Maar nou ja, dit is blykbaar maar ‘n druppel in die emmer volgens jou en nie die moeite werd om in ‘n ry te gaan staan nie.

Dirk Mostert ·

Selfs Coca cola is al positief getoets, ook n papaja.

Francois Le Cochon ·

Fritz, dit is nie die persentasie sterftes wat mense oorreed om die inenting te neem nie, maar wel die sterftes van hulle familie en vriende wat hul besluitneming beinvloed.
Diegene wat tot dusver niemand ken wat aan covid gesterf het nie, dink ook soos jy.

Francois Le Cochon ·

Netso, die syfers is eintlik meer, agv dit wat nie gerapporteer word nie.

Dirk Mostert ·

Hoe weet jy hulle is dood aan die virus as hulle nie getoets is nie?

Francois Le Cochon ·

Frits, gaan kyk na die doodsberigte in die koerante (teken in op Pressreader), Waar dit gewoontlik so 2 kolomme (met fotos) was, is die al vir maande lank 1 en ‘n 1/2 tot 2 volle bladsye. Dit moet tog erens ‘n klokkie laat lui.

Francois Le Cochon ·

Fritz, 0.07% mag dalk ‘m klein persentasie wees, maar dit verteenwoordig tans 41 117 sterftes van een virus. Moet ook nie glo dat alle sterftes sommer ook as covid sterftes aangegee word nie. As jy sulke stories gehoor het, is dit presies wat dit is, stories.

Piet ·

Fritz, dink jy nie jou siening is selfsugtig nie? Dit gaan oor meer as net jy hier. Jou houding kan ander mense se lewens beinvloed. Jy is bereid om die risiko te loop vir jouself maar doen dan maar die regte ding om ander mense se risiko te help verminder.

Kobus ·

Ek kan nou verstaan hoekom die SA variant meer weerstandig is as enige van die ander variant van die virusse, want sekere mense in SA is meer hardkoppig as enige ander in die wereld, dit pas!

Lorette ·

As gevolg van mediese redes MAG ek nie die inspuiting kry nie, ook nie enige griepinspuiting nie!

Dirk Mostert ·

‘n Rukkie gelede in die program, “The Stream” op die Aljazeera-kanaal was daar ‘n bespreking oor gesondheidswerkers en dokters wat weier om geent te word. In die VK het minder as die helfte van genooide mediese personeel opgedaag vir ‘n inenting-sessie.

Andries ·

Hul weier botweg om die statistieke van steftes weens vigs, kanker en griep (influenza) weer te gee.

Francois Le Cochon ·

Andries, waar kom jy daaraan dat hulle weier. Al die statistieke wat jy wil he^ is beskikbaar op Statistiek Suid Afrika se webblad.

Elsie ·

hoekom word NW se sterftesyfers nie ook deur gegee nie? ek weet verseker van ‘n hele paar gevalle wat oorlede is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.