Altesaam 1 417 537 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 4 551 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 243 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (65), die Vrystaat (18), Gauteng (33), KwaZulu-Natal (60), Mpumalanga (5), die Noord-Kaap (5) en die Wes-Kaap (57) aangemeld.
Dit bring die land se dodetal op 41 117 te staan.
Volgens Mkhize het 1 241 421 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 87,6%.
Nog 26 113 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 8 019 239 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 10 137 | 176 771 | 3 618 |
Vrystaat | 2 643 | 61 374 | 10 101 |
Gauteng | 7 675 | 354 539 | 19 360 |
KwaZulu-Natal | 7 432 | 250 195 | 46 528 |
Limpopo | 1 023 | 47 597 | 6 039 |
Mpumalanga | 878 | 54 334 | 5 665 |
Noordwes | 877 | 40 165 | 13 839 |
Noord-Kaap | 551 | 26 056 | 4 477 |
Wes-Kaap | 9 901 | 230 390 | 25 372 |
Totaal | 41 117 | 1 241 421 | 134 999 |



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
Dit bly baie opvallend dat Limpopo vir die tweede agtereenvolgende dag geen sterfgevalle aangemeld het nie maar dat die Noordkaap eergister 2, en gister 5 gevalle gerapporteer het.
Hoe betroubaar is hierdie syfers regtig?
Wat ek wonder is die feit wat genoem word meeste toetse is deur die privaatsektor gedoen. Wat doen die regering dan behalwe om die fondse te plunder en entstowwe to monopoliseer dat dit ook geplunder kan word.
Natuurlik sal minder mense positief toets as minder toetse gedoen word…
Ten minste is daar een entiteit wat kop bo water gehou het gedurende die tydperk.
Gee kans tot voor die noodtoestand weer verleng moet word, dan kom al die agterstallige resultate weer op een slag deur