Covid-19-statistieke: Byna 14 000 in hospitale

Gesondheidswerkers by die Life Fourways-hospitaal in Gauteng maak gereed om ‘n vrou vir Covid-19 te toets. (Argieffoto: Emmanuel Croset/AFP)

Heelwat minder nuwe gevalle van Covid-19 as die hoë syfers wat die afgelope paar dae gekenmerk het, is Sondag aangemeld.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê 16 585 nuwe gevalle van die koronavirus is bevestig. Die syfer was ʼn dag tevore 26 485. Die nuwe syfers bring die algehele getal laboratorium-bevestigde gevalle op 2 062 896 te staan.

Dit beteken nagenoeg een uit elke drie toetse (30,2%) van alle toetse wat vir Covid-19 gedoen word, is positief.

Nog 333 Covid-19-verwante sterftes is ook bevestig. Daar is nou reeds 61 840 mense weens die virus dood.

Tot dusver het 1 808 082 mense reeds van die virus herstel en daar is tans 192 974 aktiewe gevalle van Covid-19 in die land.

Meer as 13,4 miljoen toetse is reeds vir die koronavirus in Suid-Afrika gedoen.

SektorTotaal getoetsNuwe toetse
Privaat7 588 28356%30 75256%
Staat5 861 73144%24 12744%
Totaal13 450 01454 879

Gauteng, in dié stadium steeds die episentrum van die virus in Suid-Afrika, het steeds die meeste nuwe gevalle (57%), gevolg deur die Wes-Kaap (11%), KwaZulu-Natal (7%) en Limpopo (7%).

ProvinsieNuwe gevalle op 30 Junie 2021Totale gevalle vir 30 Junie 2021Persentasie
Oos-Kaap458209 46210,2
Vrystaat378116 6985,7
Gauteng9 443702 08334,0
KwaZulu-Natal1 166360 16317,5
Limpopo1 23081 9094,0
Mpumalanga96899 0324,8
Noordwes926101 0964,9
Noord-Kaap23260 1722,9
Wes-Kaap1 784332 28116,1
Totaal16 5852 062 585100

Nog 384 mense is intussen vir Covid-19 in hospitale opgeneem. In dié stadium word 13 972 mense tans in staats- en private hospitale vir die virus behandel.

Altesame 6 609 dosisse entstof is in die vorige 24 uur toegedien en tot dusver het meer as 3,3 miljoen mense reeds die entstof ontvang.

Die polisie begin vandag met ʼn grootskaalse program om sy lede te laat inent.

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Daar by nkandla gaan dit lekker daar is geen virus nie. Cele gaan pla mense wat op strande loop hoekom gaan pla hy nie by nkandla nie.

Manie

Ek bevraagteken die akkuraatheid van die toetsing. Het vriende wat aanvanklik positief en direk daarna weer negatief getoets het.

Renier johannes

Hoeveel is regtig positief of word dit gekook

Wiehahn

Iets maak nie sin met die datums nie. Volgens die berig is dit die nuutste uitslae wat gister (Sondag) uit is. Maar die datum in die tabel verwys na 30 Junie 2021. Is die getalle vir Woensdag, 30 Junie 2021 of Sondag, 4 Julie 2021?

Sonneblom123

Ek het gisteraand my uitslae ontvang en positief getoets. Nasal swab en vandag weer dr toe vir bevestiging. Ek wou dit ook nie eers glo nie en wou ook eers feite reg kry. Maar nou ja hier sit ons nou. Snaaks genoeg dra my masker by werk, sanitize,gaan nie onnodig uit, so hoe is my vraag…