Covid-19-statistieke: Byna 2 000 nuwe gevalle in SA

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Altesaam 723 682 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 912 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 66 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (21), Gauteng (2), die Vrystaat (7), KwaZulu-Natal (8), Mpumalanga (2), Noordwes (18), die Noord-Kaap (4) en die Wes-Kaap (4) aangemeld.

Altesaam 10 van dié pasiënte is die laaste 24 tot 48 uur dood weens Covid-19.

Dít bring die land se dodetal op 19 230 te staan.

Volgens Mkhize het 653 052 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 90%.

Nog 23 214 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 4 800 823 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap3 64689 158
Vrystaat1 50542 658
Gauteng4 719207 697
KwaZulu-Natal3 222112 840
Limpopo45816 520
Mpumalanga60528 463
Noordwes45229 356
Noord-Kaap26617 932
Wes-Kaap4 357108 428
Totaal19 230653 052

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elsa ·

Die een wat hierdie foelie glo, is verlore. Hierdie hele lockdown, gaan oor mag.
Kan die minister van Gesondheid ook vertel hoeveel mense is dood aan:
VIGS
TB
kanker
Longontstekening
Hartaanvalle.

Jan ·

In 2018 was griepsterftes 36 810. Indien dieselfde aandag toe gegee is sou die syfer waarskynlik meer as 50 000 gewees het. Indien vanjaar se corona-variant soveel aandag as 2018 se variant ontvang het sou daar waarskynlik minder as 15 000 sterftes aangeteken gewees het.

Kobus ·

0.032% van ons bevolking het aan Covid gesterf en ons noem dit ‘n pandemie?

Volgens stats’sa is ons middeljaar 2020 bevolkingsraming 59 620 000 mense en die sterftes wees Covid staan op 19 230, doen self die wiskunde.

Volgens tbfacts.org het ons in 2018 ‘n geraamde 63 000 sterfgevalle gehad as gevolg van TB, gemeet in terme van ons 2020 bevolkingsraming sal dit 0.106% van ons bevolking wees. TB sterftes is nagenoeg 3 keer hoër as Covid sterftes en dit duur nou al vir dekades lank so aan maar nog nooit was daar ‘n noodtoestand oor TB nie.

As TB nie ‘n pandemie is nie hoe kan Covid dan ‘n pandemie wees? Of is dit maar net nog ‘n deel van Pan se leuens?

Oubaas ·

Imagine a virus so deadly… You have to be tested to know if you have it.

Ongelooflik.

Lorette ·

Natuurlik sal die gevalle klim. In Kimberley loop TALLE inwoners rond sonder maskers! Dit het gemaak dat ons getalle styg. Moet nie eens waag om mense aan te spreek nie, want hulle weet beter as jy. Ek persoonlik bly weg uit malls ens en ten spyte van die feit dat ek geweldige asemhalingsprobleme ondervind van longfibrose, sal ek nooit my medemes se lewe doelbewus in gevaar stel deur nie ‘n masker te dra nie!

Anel ·

Niemand word deesdae siek van iets anders as net virus 19 nie. En almal wat doodgasn gaan NET aan virus 19 dood. En hulle toetse glo ek ook is verkeerd. Dis somer hier, nie winter soos in die noordelike halfrond nie.

Charles ·

Daar is verseker ń verskuilde agenda agter die plandemie, doen julle eie navorsing.

Derek ·

Die berig bevestig net weereens die onvermoe van die huidige regering veral as in ag geneem word dat die meeste toetse deur die privaat sektor gedoen word. War word van ons belasting geld, veral as die gesondheids begroting gesny word om SAA te red. Noem mens dit omgee vir jou mense of nog n deur wat oopgemaak word vir korrupsie? Mens sou dink dat die welstand van jou mense meer belangrik is as om jou ryk vriende gelukkig te hou. Die lockdown goed deur die ANC gebruik om vrees te kweek en vir mags misbruik. Wat kan ons anders verwag, hul prestasie die afgelope 26 jaar bewys net hul onkundigheid, sonder liefde is jy niks, spreek die Woord!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.