Covid-19-statistieke: Byna 2 000 nuwe gevalle

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Woensdagaand altesaam 685 155 gevalle van Covid-19 gehad en 1 913 nuwe gevalle is bevestig, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.

Die meeste gevalle is in Gauteng (32,4%), gevolg deur KwaZulu-Natal (17,5%), die Wes-Kaap (16,3%) en die Oos-Kaap (13,2%).

Altesaam 23 583 nuwe toetse is sedert die laaste bywerking gedoen.

Nog 145 bykomende Covid-19-sterftes is bevestig. Hiervan was een in die Oos-Kaap, 11 in die Vrystaat, 42 in KwaZulu-Natal, 41 in Gauteng, 24 in Limpopo, 11 in Mpumalanga, sewe in die Noord-Kaap en agt in die Wes-Kaap. Dit bring die algehele sterftesyfer op 17 248 te staan.

Suid-Afrika se herstelkoers is steeds 90% en 618 127 mense het reeds van die virussiekte herstel.

Die meeste aktiewe gevalle is in Gauteng (19 454), gevolg deur die Vrystaat (12 991).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Haan ·

Is ons dalk op pad na n 2de grendelstaat? Indien wel sal dit absoluut katastrofies wees.

Vriendelike Frikkie ·

Ons moet baie versigtig wees om nie ‘n tweede golf hier te kry nie. Kyk hoe erg is die tweede golf in lande soos Frankryk en Spanje. Meer as dubbel die eerste golf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.