Covid-19-statistieke: Byna 20 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Die Covid-19-positiwiteitskoers het teen Woensdagaand op 26,8% gestaan nadat nog 19 842 mense positief vir die virus getoets het.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê daar is tans 118 060 aktiewe gevalle landwyd en altesame 3 071 064 mense het reeds die virus opgedoen. Hiervan het 2 867 966 mense reeds herstel.

Nog 36 nuwe sterftes is ook bevestig wat die algehele sterftesyfer op 90 038 te staan bring.

Altesame 73 911 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen. Altesame 59% van nuwe gevalle is in Gauteng, gevolg deur KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap (10% elk), Mpumalanga (6%), Noordwes (5%), Limpopo (4%), die Oos-Kaap en Vrystaat (3% elk) en die Noord-Kaap (1%).

Die positiwiteitskoers is tans 26,8%, ʼn toename van die 24,9% waarop dit ʼn dag tevore gestaan het. Die sewedaggemiddeld staan in hierdie stadium op 24,6%, ook hoër as die 23,2% van die vorige dag.

Nog 374 mense is in hospitale opgeneem en tans word 4 252 mense landwyd in private en staatshospitale vir die virus behandel.

Nog 133 695 dosisse van die entstof is Woensdag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

melaney ·

Die dokters en verpleegpersoneel besef seker hulle vakansie is van die baan.

Erik ·

Hoe so? Positiwiteitskoers is hoog, maar ernstige gevalle laag. Al hoe meer mense is ingeënt so hospitalisasie a.g.v. Covid is laag.

bobmartin ·

Mag ek vra hoeveel van die nuwe 20 000 nie inenting geneem het? En hoeveel van die nuwe 20 000 het inenting geneem?

MakersMark ·

Volgens die CEO van Netcare is 800 mense opgeneem in Netcare hospitale sedert 15 Nov. Waarvan 75% nie ingeent was nie. Van die 800 het 4 gesterf, almal met komorbiditeite. Van die 4 was 3 nie ingeent nie. Berig is elders op die MM webwerf.

bobmartin ·

Baie dankie vir die antwoorde. Ek bedoel dit nie as n grap of sarkasties teenoor enige iemand as ek die vra vrae. Ek het self probeer gaan lees en kon nie maklik antwoorde sien. Ek self probeer ook persoonlik als uitbpluis.

Erik ·

Volgens ‘n vorige berig om MM is ongeveer 75% van die nuwe gevalle by mense wat nie ingeënt is nie.

SwartBees ·

Hospitaal opnames is soos volg: +/- 80% nie gejab nie en +/-20% gejab.

Jeepie ·

Mediclinic het gister gese 75% van 800 wat op geneem is in hulle hospitale, was nie ingeënt nie. Dink seker meer as 90% wat die virus nou kry is ook nie ingeënt nie.

Esme ·

Ek het dieselfde vraag al seker 20 keer gevra maar om een of ander rede bly dit onbeantwoord. Wat ek wel kan deel is dat daar ‘n uitbraak by my man se werk was en almal wat gevaksineer is, is positief getoets.
Ek bid, glo en vertrou dat ons ‘n beter Feesgety as verlede jaar met Covid 19 gaan he, maar ons vrae bly ontbeantwoord.

LIEZL ·

presies dieselfde gehoor, almal wat nou die virus opdoen, mense waarvan ek persoonlik weet, is wel ingespuit.

Francois Le Cochon ·

Liezl, my narkotiseur familie lid by n groot staats hospitaal noem dat weke gelede laas n ingeente opgeneem is.

Asgat ·

By ons werk is dieselfde, en ander vriende wat in geeent was ook positief

bobmartin ·

Ek stem saam. Te veel veel vrae wat nie antwoorde het. Dit is wat die hele besluitneming van inenting neem moeilik maak.

Natasha ·

By my man se werk is 90% gevaksinneer… In al die positiewe gevalle – wat hand uit ruk- is almal gevaksinneer..

bobmartin ·

Natasha. Ek het nie entstof geneem. Die besigheid waar ek werk het van die mense inenting geneem uit vrye keuse. Ek dink nie die positiewe gevalle waar hand uit ruk is net die wat die entstof neem. Die virus tref almal. Entstof neem of nie.

Erik ·

Dit is redelik vanselfsprekend dat die Omikron variant hoogs aansteeklik is, maar die simptome nie ernstig is nie.

Ek glo nie in enige samesweringsteorrieë nie, ek is ingeënt en ken heelwat mense wat oorlede is aan Covid, maar dink nie ons moet die dam onder die eend uitruk met Omikron nie.

Die doel van inperkings is om hoofsaaklik ‘n toeloop tot hospitale te voorkom, en tans sien ons nie daardie toeloop nie al is die positiwiteitskoers baie hoog.

Ilze ·

Erik. Daar is bewyse dat die simptome baie matig is en dan mense slegs ‘n dag of twee in hospitale bly. En ook dat mense nie suurstof benodig nie.

Gerhard ·

Erik, ek stem baie saam met jou. Die hoeveelheid hospitalisasies is n groot dryfkrag agter inperkings. Ek hoop rerig dat streng inperkings nie nodig is oor desembers nie.

VaalDonkie ·

Ai tog, nou moet ek met jou saamstem. Wat ‘n snaakse begin aan die dag XD

Andries ·

My vraag is die volgende: Hoekom na die nuwe variant ontdek is klim die syfers?

Het almal ‘n “checklist”om te doen wat hul wil bewys watter covid hul al gehad het en ‘n regmerkie agter dit maak?

Ander vraag is waarom word die skuldige provinsies nie geblok of toegemaak wat so hoë syfers het nie?

Gerhard ·

Dit gaan oor meer as net positiewe gevalle. Om grense toe te maak het ander gevolge as net inperking van covid gevalle. Ek dink almal besef al dat dit ekonomie baie skade lei as besighede nie kan handel dryf nie. Wat ek verstaan is dat solank as wat die hospitale nog kapasiteit het om ernstige gevalle te kan help gaan daar nie sommer net inperkings gestel word nie (ek hoop ook nie so nie).

bobmartin ·

Ek het nog nie inenting geneem. Maar ek is nie teen vryheid wegneem van enige iemand in enige skuldige provinise (inenting of nie). Plaas van blok of toemaak, hoekom staan almal nie saam op teen die probleem. Ons almal weet nou al teen die tyd wat regering verkeerd doen teenoor mense in die wereld. Maar nee. Gaan mos oor Ek en JY.

bobmartin ·

Bedoel teen vryheid wegneem van enige iemand in enige skuldige provinsie

Natasha ·

Dink mense moet besef al is almal geënt gaan die regering nogsteeds lockdowns afkondig.. Gaan kyk na Gibraltar waar almal ingeënt is

VaalDonkie ·

As jy gaan kyk, sal jy sien ons het tot onlangs net PCR toetse getel, en net so 10 000 tot 15 000 per dag gedoen. Maar nou doen ons sommer 70 000 en tel ook ander tipe toetse by. So die syfers sal heel verskillend lyk.

Anoniem ·

Met die hoogs aansteeklike, maar minder gevaarlike Omikron in omloop, is dit nie nou ‘n goeie tyd om kudde immuniteit te bewerkstellig nie???

Esme ·

Ek het onlangs na ‘n gesprek geluister en blykbaar is kudde immuniteit net ‘n illusie, ‘n droom en ‘n CR woord wat in wese, glad nie bestaan nie. Ek sou dink ons trek nou al ver verby kudde immuniteit.

Francois Le Cochon ·

Manie, wetenskaplikes kon nog nie die aanvangklike teorie oor kudde immuniteit onteenseglik in die praktyk bewys nie. So, vir eers bestaan dit nie werklik nie.

Alida ·

In al die dekades en eeue kon kudde-immuniteit nog nie teen die verkouevirus bereik word nie, en dit sal ook nie teen covid bereik word nie (covid is dieselfde tipe virus as verkoue). Virusse muteer en daarom is natuurlike immuniteit teen een variant nie noodwendig doeltreffend teen volgende variante nie. Dus kan mense wat reeds covid gehad het, wel volgende variante aansteek, soos nou ook die geval met die omikron.

Papsak ·

Ja hoekom almal toe maak onodig mask die dele toe wat se syfers so hoog is

VaalDonkie ·

Dis mos wat hulle gese het ons gaan begin doen nadat ons laaskeer uit vlak 4 uit gekom het. Maar nee. Dit sou te logies wees.

Andre ·

Na tien jaar het ek besef kroniese medikasie maak nie gesond nie, dit hou jou net aan die lewe. Gelukkig het ek baie geleer oor die medisyne bedryf.

Francois Le Cochon ·

Andre, jou dr het jou 10 jaar gelede nie als vertel nie. Jy moes dit al vanaf dag een geweet het.

Andre ·

Francois, jy is heeltemaal reg, verskeie hoogs geleerdes het my nie gesê nie. Ek ondervind dit nog erger met die spuite.

Francois Le Cochon ·

andre, om ‘n verskil te maak, moet ons almal erens begin. Ons kan nie net agteroor sit en wag nie. Soos hulle se^ “stop dreaming and start planning”. Daar is tans nog te veel leke in die wereld wat hoogs opgeleide- en etiese mediese wetenskaplikes as dwases wil uitmaak,

Andre ·

Die etiese mediese wetenskaplikes word meesal beskou asof hulle samesweerders is. Ek is ook seker ook maar ‘n leek, daarom lees ek wat die alternatiewe media bied. En nou, twintig jaar nadat ek kronies mee te doen gekry het, weet ek om na die wetenskaplike studies te kyk, en baie mooi wie die studies borg en met wie het hulle verband mee het. Goeie voorbeeld is prof Tim Noakes wat vir drie jaar lank “vervolg” is oor foutiewe mediese inligting, en toe tog sy saak gewen het

bobmartin ·

Ek stem saam. Stel jou voor almal het goed saam gestaan en kon die regering vertrou. Baie verkille en probleme sou opgelos het. Met virus of nie. Inenting of nie.

piet ·

Vergeet van ons regering en kyk wat in ander lande gebeur as rigtingwyser.

Atta ·

Dis nie ʼn Afrikaner ding nie, dis ʼn mens ding.

Mense is in 2 hoof kampe verdeel en dis NIE die pro-vaxers en anti-vaxer kampe nie. Dis eerder een kamp wat emosioneel reageer en die ander kamp wat logies reageer en jy kry pro- en anti-vaxers in beide kampe.

Die heethoofdige emosioneles word gedryf deur vrees vir die onbekende, hetsy dit óf die vrees vir die entstof is, óf die vrees vir die virus is.

Die koelkoppe gebruik grotendeels gesonde verstand om by hulle gevolgtrekkings uit te kom, al stem hulle nie noodwendig saam nie.

Francois Le Cochon ·

Atta, my vriend was een van die in die “koelkop kamp”. 15 Desember 2021 sal dit ‘n jaar wees wat hy aan covid oorlede is.

Mariusj ·

Die sielkundiges het dit weer anders. Volgens hulle word ‘n deel van die bevolking vining gehipnotiseer deur stellings wat dikwels herhaal word deur massamedia en hulle is nie instaat tot enige ander oortuiging nie. ‘n Ander deel van die bevolking is meelopers en ‘n volgende deel is instaat om goeie oordeel te behou.

Atta ·

Mariusj, ek stem saam. Massamedia blaas die heethoofdige pro-vaxers se vrese aan, maar sosiale media doen presies dieselfde vir die heethoofdige anti-vaxers.

Cherokee ·

Sinvolle kommentaar Atta. Dit is juis waarom my beswaar nie weens newe-effekte is nie, maar myne is ‘n geloofsbeswaar.

Erik ·

Cherokee, ek het toe gaan oplees. Dit is baie interessant, maar ek is nog nie heeltemal oortuig nie. Daar is geen merk op my na my inenting nie, en dit was ook nie aan die regterhand of enigsins regterkant nie.

Alida ·

Cherokee, wat presies behels dit om ‘n geloofsbeswaar teen die inspuiting te hê? Ek sê dit nie uit kritiek nie, maar omdat ek dit werklik nie begryp nie. Beteken dit weens geloof het jy beswaar teen alle mediese ingryping en maak slegs op gebed staat, of is jy bv. bereid dat jy self, of dat een van jou geliefdes, chemoterapie vir kanker ondergaan (m.a.w. ‘n gifstof in jou liggaam laat inspuit) ? Of bv. antibiotika gebruik vir longontsteking? Indien jy wel ander mediese behandeling, prosedures of inentings ondergaan, waarop is die geloofsbeswaar oor die covid spuitstof dan gebaseer?

Esme ·

Volgens my navorsing kan immunisasie nie plaasvind terwyl ‘n pasient ‘n siekte onderlede het nie.
Hoekom word immunisasie steeds gedryf? Help my – is Omricon nie ‘n somer griep nie? Ek verneem dat die Delta Variant nog aktief in die VSA en Europa is. Is dit soortgelyk in Suid-Afrika?
Die artikels wat wel in alle vorme van die media verskyn is swak opgestel – dit verskaf nie realistiese inligting waarna die lesers smag nie.
Dit wat wel gedeel word is uiters swak nagevors en nie nuuswaardig nie.

Alida ·

Omicron is ”n variant van die SARS-CoV2-virus, wat ‘n koronavirus soos verkoue is. Griep (somergriep, wintergriep of watse griep ook al) word deur ‘n heel ander groep virusse veroorsaak en hulle is nie koronavirusse nie. Hulle word genoem H1N1 ens. Omdat mense nou al ‘n organisme se genoom kan ontleed (“genome sequencing” kan doen), kan hulle presies sien met watter tipe virus daar te make is en ook of daar mutasies op die virus plaasgevind het. Omicron het niks met griep te doen nie.

Asgat ·

Ons het 5 mense by ons werk wat positief getoets het die week, en raai wat almal was in geent.

Atta ·

Asgat, wil jy nie asb so teen volgende Vrydag vir ons kom terugrapporteer hoeveel van hulle erg siek geraak en in die hospitaal opgeneem moes word nie?

Irma ·

Ons het ook 2 positiewe gevalle, ook ten volle ingeente persone.

Erik ·

Asgat, jy weet mos al die teen tyd dat dit so werk. Die vraag is eerder hoe ernstig siek hul geraak het en of hul in die hospitaal opgeëindig het. Statistieke deur MediClinic, Netcare en LifeHealthcare is beskikbaar en bewys oor en oor dat die groot meerderheid van Covid opnames (75% +) van oningeënte mense is en dat byna niemand wat ten vollge ingeënt is sterf in daardie hospitale weens Covid nie.

Ek het die inenting gekry om myself teen ernstige siekte te beskerm sowel as teen sterfte, nie teen infeksie nie.

RB ·

Erik, dit is ontstellend, skrikwekkend dat daar STEEDS 25% ge-entes in die hospitaal opgeneem moet word!!
As dit nou 1 of 2% was kon dit nog aanvaar word.
Maar VYF-EN-TWINTIG PERSENT is skokkend!
Die hele ent-program word gedryf deur vrees vir hospitalisasie of dood. Dit vrywaar nie van infeksie “maar jy sal net bietjie siek word, nie hospitaal nodig hê en die dood vryspring!’.
Nou hoe nou!!
Waarvoor het miljuisende dan ge-ent.
Iemand lieg alweer . . .

Alida ·

RB, baie van die ingeëntes wat in die hospitaal is, is weens ander redes opgeneem bv. ‘n motorongeluk of ‘n gekose prosedure soos galblaas ens. Voor of met opname moet hulle ‘n covid toets kry, en dan toets hulle positief. Hulle word dus as “toevallige” covid pasiënte beskryf want is nie weens covid opgeneem nie, maar is toevallig in die hospitaal en het covid.

Oomniklaassevriend ·

Daar is maar ongeveer 25% ten volle ingeënt en 75% nie ten volle ingeënt nie of glad nie ingeënt nie. Dit lyk dus nie of die entstof enige uitwerking op besmettings het nie.

Erik ·

Oomniklaassevriend, so volgens jou is 25% = 75%? Draai dit om. Dit beteken 75% van Covid hospitalisasies is onder oningeënte mense. Wat heel moontlik kan beteken dat 90% van die ICU gevalle oningeënt is en 99% van Covid sterftes nie ingeënt is nie.

Oomniklaassevriend ·

Erik ek sal dit eenvoudiger prober stel. Die 25% ingeënte mense van die totale bevolking lewer 25% van die totale posetiewe gevalle in hospitale. Die 75% mense van die totale bevolking wat nie ingeënt is nie lewer 75% van die totale posetiewe gevalle daar. 25% van 25% is ‘n 100%. 75% van 75% is ook ‘n 100%.

Oomniklaassevriend ·

Met verwysing na my kommentaar hierbo die korreksie wat ek nie kon deurvoer nie 25 van 25 is 100% en 75 van 75 is ook ‘n 100%

Andre ·

Snaaks, sommiges weet net van gespuites wat ernstig is, terwyl ander weer net van ongespuites weet wat ernstig is.

Alida ·

Miskien moet die hospitale se eie statistiek as die korrekte weergawe beskou word, en nie net mense wat iemand “ken” of “weet van”nie. Ek het al agtergekom dat baie mense wat vertel dat hulle iemand “ken” of “weet van” wat hierdie of daardie iets oorgekom het, eintlik maar facebook-kennisse is en nie persoonlike kennise nie, en hierdie fb-kennisse plaas allerlei twakstories wat dan vir soetkoek opgeëet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.