Covid-19-statistieke: Byna 200 sterftes aangemeld

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Dinsdagaand altesaam 1 514 815 bevestigde Covid-19-gevalle gehad met 856 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 194 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 50 271 te staan bring.

Altesaam 80 van die sterftes is in KwaZulu-Natal aangemeld, gevolg deur 43 in Gauteng, 29 in die Vrystaat, 15 in Limpopo, 12 in die Wes-Kaap, agt in die Oos-Kaap en sewe in die Noord-Kaap.

Altesaam 1 433 320 pasiënte het in dié stadium reeds herstel.

Die departement het aangedui dat 76 037 gesondheidswerkers teen Dinsdagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.

Provinsiale statistieke:

Gauteng: 405 035
KwaZulu-Natal: 329 421
Wes-Kaap: 277 845
Oos-Kaap: 193 951
Vrystaat: 80 174
Mpumalanga: 71 265
Limpopo: 61 997
Noordwes: 61 070
Noord-Kaap: 34 057



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

En ewe trots se hulle dat 76 000 gesondheidswerkers reeds ingeent is. As my matriekwiskunde van meer as 40 jaar gelede my nou nie in die steek laat nie, is dit ongeveer 6300 per dag…. en met die oorblywende dae in die jaar, teen die huidige trant, behoort 1,9 miljoen mense darem teen die einde van 2021 ingeent te wees. So much om ‘n kudde-immuniteit in ‘n bevolking van 58 miljoen mense te PROBEER vestig……..

maggie

Ander lande het al meer as 15 miljoen ingeënt

Baardman

Danksy AfiForum en Solidariteit gaan die inent prentjie gou verander. Kaders het hulle hand oorspeel.

Marisa W

Vandat dit bekend gemaak is dat die privaat sektor ook entstowwe kan invoer en toedien sal die syfers dalk binnekort ‘n hupstoot kry.

Jo

En hoeveel nie-gesondheidwerkers is ingeënt?