Altesaam 1 192 570 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 21 980 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 616 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf.
Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (215), Vrystaat (27), Gauteng (75), KwaZulu-Natal (72), Limpopo (11), Mpumalanga (11), Noordwes (55), Noord-Kaap (4) en die Wes-Kaap (146) aangemeld.
Dít bring die land se dodetal op 32 425 te staan.
Volgens Mkhize het 947 919 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 79,5%.
Daar is tans 212 226 aktiewe gevalle van die virus in die land.
Nog 76 202 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 7 043 680 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse (58%) is in die privaat sektor uitgevoer.
Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 8 577 | 163 062 | 6 886 |
Vrystaat | 2 265 | 55 940 | 7 311 |
Gauteng | 6 073 | 272 991 | 43 643 |
KwaZulu-Natal | 5 074 | 151 601 | 85 065 |
Limpopo | 658 | 25 081 | 8 301 |
Mpumalanga | 682 | 35 617 | 7 065 |
Noordwes | 703 | 35 553 | 8 819 |
Noord-Kaap | 425 | 23 515 | 3 119 |
Wes-Kaap | 7 968 | 184 559 | 42 017 |
Totaal | 32 425 | 947 919 | 212 226 |


