Covid-19-statistieke: Byna 22 000 nuwe gevalle

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Altesaam 1 192 570 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 21 980 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 616 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf.

Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (215), Vrystaat (27), Gauteng (75), KwaZulu-Natal (72), Limpopo (11), Mpumalanga (11), Noordwes (55), Noord-Kaap (4) en die Wes-Kaap (146) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 32 425 te staan.

Volgens Mkhize het 947 919 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 79,5%.

Daar is tans 212 226 aktiewe gevalle van die virus in die land.

Nog 76 202 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 7 043 680 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse (58%) is in die privaat sektor uitgevoer.

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap8 577163 0626 886
Vrystaat2 26555 9407 311
Gauteng6 073272 99143 643
KwaZulu-Natal5 074151 60185 065
Limpopo65825 0818 301
Mpumalanga68235 6177 065
Noordwes70335 5538 819
Noord-Kaap42523 5153 119
Wes-Kaap7 968184 55942 017
Totaal32 425947 919212 226

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.