Covid-19-statistieke: Byna 300 000 gesondheidswerkers ingeënt

(Argieffoto: GCIS)

Suid-Afrika het teen Dinsdagaand altesaam 1 559 960 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 847 nuwe gevalle is aangemeld.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 67 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 53 423 te staan bring.

Altesaam 28 van die sterftes is in Gauteng aangemeld, gevolg deur 19 in Noordwes, nege in die Vrystaat, agt in die Oos-Kaap, twee in die Noord-Kaap en een in die Wes-Kaap.

Altesaam 1 485 315 pasiënte het in dié stadium reeds herstel.

Die departement het aangedui dat altesaam 292 623 gesondheidswerkers teen Dinsdagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.

Provinsiale statistieke:

Gauteng: 417 799
KwaZulu-Natal: 335 245
Wes-Kaap: 284 404
Oos-Kaap: 195 707
Vrystaat: 84 805
Mpumalanga: 76 373
Noordwes: 64 991
Limpopo: 63 460
Noord-Kaap: 37 176

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Niemand noem natuurlike weerstand teen die virus nie, allmal verkoop te lekker vrees…

Anoniem ·

Meer as ‘n maand het verloop en daar is nog nie 300 000 gesondheids werkers ingeënt nie en dan wil julle aandring op alleenreg en boonop vir ons voorskryf watter entstof ons sal kry? Julle kan dit indruk daar waar die son nie so dikwels skyn nie.

Charles ·

Ek hoop maar die mense gaan oraait wees, kort en langtermyn…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.