Covid-19-statistieke: Byna 4 000 nuwe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het teen Sondagaand altesaam 2 858 195 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 3 961 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 126 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 84 877  te staan bring.

Altesaam 2 667 296 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 106 022 aktiewe gevalle van Covid-19.

Altesaam 35 965 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 17 201 (48%) in die private sektor en 18 764 (52%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is weer in KwaZulu-Natal (28%), gevolg deur die Oos-Kaap (20%), Wes-Kaap (18%), Noord-Kaap (9%), Gauteng (8%), Vrystaat (8%), Mpumalanga (4%), Noordwes (4%) en Limpopo (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • KwaZulu-Natal: 1 105
  • Oos-Kaap: 776
  • Wes-Kaap: 721
  • Noord-Kaap: 363
  • Vrystaat: 328
  • Gauteng: 317
  • Noord-Wes: 160
  • Mpumalanga: 144
  • Limpopo: 47

Die departement het aangedui dat altesaam 14 690 586 mense teen Sondagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VaalDonkie ·

Is darem 3 miljoen van die begin van die pandemie, nie ne 2021 nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.