Suid-Afrika se bevestigde Covid-19-gevalle het nou die 90 000-kerf verbygesteek en het teen Saterdag op 92 681 gestaan nadat 4 969 nuwe gevalle bevestig is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê die sterftesyfer staan in dié stadium op 1 877 nadat nog 46 sterftes weens die virussiekte bevestig is. In die Wes-Kaap is nog 32 sterftes aangemeld, in die Oos-Kaap 11 en drie nuwe sterftes is in KwaZulu-Natal bevestig.
Die sterftekoers staan op 2% en 50 326 mense (54,3%) wat die virus opgedoen het, het reeds daarvan herstel, het Mkhize gesê.
Altesaam 1 293 608 toetse is tot dusver gedoen, waarvan 33 174 in die afgelope 24 uur.
Die meeste gevalle is steeds in die Wes-Kaap (50 173), gevolg deur Gauteng (18 978) – waar meer as 1 800 gevalle die afgelope dag bevestig is – en die Oos-Kaap (14 721).



Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Kliek hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Dit word elke dag duideliker deur die syfers bevestig dat covid-19 nie ‘n groter bedreiging as gewone griep inhou nie (wat gemiddeld ongeveer 50 sterftes per dag, jaar in en jaar uit veroorsaak) en TB wat 172 steftes per dag veroorsaak. Die drakoniese oorreaksie met inperking was onnodig en die media dryf die vrees onder die publiek op laakbare wyse. Maar steeds gaan dit voort – die media wat Maroela insluit moet hier ernstig selfondersoek doen en begin om gebalanseerde beriggewing deur te gee.
Bly al die begrafnisse verloop vreedsaam, ek het nog nie gelees van polisie begeleiding om te keer dat dinge skeefloop nie? Gaan dit regtig so rustig daar by julle?
Dit lyk my daar is meer toetse in die kaap as wat daar mense is. Die Anc ry nou die virus se rug krom
En die WGO en Sjina het nog bie genoeg verwoesting gesaai nie.
Wel as na die getalle wêreldwyd gekyk word en dan na die syfers wat deur die (korrupte, misleidende op alle vlakke, gebiede en afdelings wat verrot is van korrupsie) die huidige regering – gee hulle definitief nie die korrekte syfers deur nie. Die bril van geregtigheid is beslis nie op hulle oë nie en hulle kyk met die donker brille van die verlede en werk volgens hulle natuur van ongeregtigheid. Sommige dae (ek vergelyk als) moet ek ‘n minus syfer gebruik vanaf die vorige dag wat deur gegee word vir die verskeie provinsies se getalle ens. Nou die doods/sterfte gevalle… Lees meer »