Covid-19-statistieke: Byna 500 nuwe sterftes

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Woensdagaand altesaam 2 236 805 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 17 489 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 453 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 65 595 te staan bring.

Altesaam 1 970 516 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 200 694 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die departement het aangedui dat altesaam 4 688 779 mense teen Woensdagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.

Getal aktiewe gevalle per provinsie:

Gauteng: 77 546
Wes-Kaap: 29 804
Noordwes: 25 765
KwaZulu-Natal: 23 022
Limpopo: 12 929
Vrystaat: 12 103
Mpumalanga: 9 329
Oos-Kaap: 5 578
Noord-Kaap: 4 618



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kompas ·

Ja, Sien dat nie een ń masker gedra het nie. Nou gaan die Covid getalle weer vermeerder.

MakersMark ·

Kyk hoe klim die infeksietempo volgende 2 weke na die laaste week se aktiwiteite. Dink ek het 2 mense met maskers gesien een was die joernalis op TV……

Samuel ·

Betogers is nie immuun teen die virus nie, maar wel teen polisie optrede. Die infeksiesyfers gaan beslis vorentoe erg begin klim agv die betogings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.