Covid-19-statistieke: Byna 600 sterftes bevestig

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het teen Woensdagaand altesaam 1 369 426 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 12 710 nuwe gevalle is aangemeld.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 566 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 38 854 te staan bring.

Altesaam 218 van die sterftes is in KwaZulu-Natal aangemeld, gevolg deur 104 in die Wes-Kaap, 104 in die Oos-Kaap, 80 in Gauteng, 46 in die Vrystaat, agt in die Noord-Kaap en ses in Mpumalanga.

Altesaam 1 160 412 pasiënte het in dié stadium reeds herstel.

Provinsiale statistieke:

Gauteng: 370 264
KwaZulu-Natal: 290 356
Wes-Kaap: 260 492
Oos-Kaap: 188 259
Vrystaat: 71 734
Mpumalanga: 56 063
Noordwes: 52 316
Limpopo: 49 823
Noord-Kaap: 30 119



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Friedrich

Steeds lieg die regering en sê daar is nie medisyne daarteen, wat goedkoper is as die goed wat hulle teen duurte wil invoer nie. SIEK!! Mena moet onder die tafel Ivumectum koop, dan het jy ‘n 90% kans om gesond te word, sonder om eers in die hospitaal te land

B-Man

Artikel lewer twee sterftesyfers vir Natal.