Covid-19-statistieke: Byna 8 000 nuwe gevalle in Gauteng

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Nog 11 125 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld, waarvan die oorgrote meerderheid (7 929) in Gauteng.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste verslag die jongste toename in gevalle verteenwoordig, nes die vorige dag, ’n positiwiteitskoers van 23,8%.

Die sewedaggemiddeld staan tans op 18,8%. Dit is hoër as die 16,8% van die vorige dag.

Nog een pasiënt het intussen weens Covid-19 gesterf, terwyl nog 28 koronaviruspasiënte in die  hospitaal opgeneem is. Altesame 3 268 mense word nou vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Dít terwyl die land se dodetal op 89 966 staan met minstens 3 031 694 mense wat reeds die virus opgedoen het. Daar is tans 83 584 aktiewe gevalle.

Sowat 71% van die nuwe gevalle is in Gauteng aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (7%). Dié provinsies word gevolg deur KwaZulu-Natal (6%) en Noordwes (4%). Mpumalanga en Limpopo het elkeen 3% van die nuwe gevalle aangemeld, terwyl die Vrystaat en Oos-Kaap 2% van die nuwe gevalle aangemeld het.

Die Noord-Kaap is tans verantwoordelik vir minder as 1% van die land se nuwe Covid-19-gevalle.

Meer as 26,3 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 5 Desember 2021Algehele gevalle tot 5 Desember 2021
Oos-Kaap192294 346
Vrystaat259166 869
Gauteng7 929992 410
KwaZulu-Natal687522 286
Limpopo372125 908
Mpumalanga389156 594
Noordwes441157 000
Noord-Kaap4993 703
Wes-Kaap807522 578
Totaal11 1253 031 694

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Baardman

Slegs een sterfte en net 28 in hospitaa lopgeneem uit die totale positiewe gevalle. Ek dink die virus verloor sy stryd.

Paulien

Ek kyk altyd na die sterftes en die hospitalisasie. En sover (my nederige opinie) lyk die nuwe variant nie so erg nie. Maar nou ja “early days”

Papsak

Ja ek stem hy lyk regtig nie vir my ook so gevaarlik nie maar nou ja wie regeer ons dan kan julle mos sien wat aan gaan