Covid-19-statistieke: Byna 80% het reeds herstel

(Foto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Minstens 579 140 gevalle is reeds aangemeld en nog 286 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, waarvan 76 in Gauteng, 54 in KwaZulu-Natal, 42 in die Oos-Kaap, 28 in die Wes-Kaap, 26 in Noordwes, 22 in Mpumalanga, 20 in die Vrystaat en 18 in die Noord-Kaap. Dit bring die dodetal op 11 556 te staan.

Altesaam 3 351 111 toetse is reeds gedoen met 35 614 toetse sedert die laaste verslag uitgereik is.

Minstens 461 734 persone het reeds herstel en dit bring die herstelkoers op 79% te staan.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap8337214,4
Vrystaat308375,3
Gauteng19753134,1
KwaZulu-Natal10374417,9
Limpopo112141,9
Mpumalanga205543,5
Noordwes228163,9
Noord-Kaap74431,3
Wes-Kaap10157917,5
Onbekend500,0
Totaal579140100

 Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap244278862
Vrystaat49615217
Gauteng2867156402
KwaZulu-Natal161777301
Limpopo1419937
Mpumalanga18917404
Noordwes17612559
Noord-Kaap943937
Wes-Kaap353490115
Totaal11556461734

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annie ·

Kan daar asseblief ook ‘n kolom wees vir ander sterftes. Dit sou help om die totale prentjie te vorm. Hoekom sou ander sterftes sedert Covid-19 nie van enige belang wees vir die minister van gesondheid nie? Of is hospitale nou net te besig met ‘egte’ siektes? Interessant dat niemand meer griep of verkoue kry nie, glo agv die nuwe ekonomie, maskers en alkohol via handsmere. Die 3 triljoen maskers wat kaders vervaardig het en 70%-handreinigers gebrou in egte ou akkerhoutvate, gaan dalk vir ewig aan ons moet kleef om die ekonomie van ondergang te red… en die ANC aan bewind te hou.

Strandloper ·

Mense…weereens doen navorsing oor “HOCL” Die gebruike is verstomend. Dit is asof mense nie na goeie raad wil luister nie…Wel ek maak ou beene…

JJ ·

Geen rekord van enige onderliggende siektes by sterfte syfer of herstelsyfers nie- herstel persentasie waarskyblik 99.99% as die onderliggende siektes uitgehaal word. Dieselfde met sterftesyfer- Haal sterftes vanwee onderliggende siekte en oorsake weg, en die sterftesyfer gaan waarskynlik baie naby aan nul wees. Hierdie is net jou daaglikse dosis van breinsspoeling om vrees aan te jaag.

richard ·

Stem saam wereld wyd 770000 dood in 227 dae wat +/- 3400 mens per dag maak wat aan die “virus” sterf .
Italia het erken dat 99% van hulle sterftes ander onderligende omstandighede gehad het.
Ons 11556 sterftes werk uit op omtrend 72 per dag (162 dae) vanaf 5 Maart toe die eerste geval aangemeld is in Suid Afrika).
Die getal is omtrend gelykstaande aan die getal moorde per dag maar geen lockdown word ingestel nie
Baie mense in Afrika sterf jaarliks aan malaria maar geen lockdown nie oor die 400000 in 2018 waarvan die grootste getal uit Sub Sahara (46 lande) kom
Corona virus se getale is vir +/- 194 lande.
Vra maar net.

Stefan ·

11500 Corona sterftes sover en almal praat heeldag hieroor.
As mens kyk na ons moordsyfer van 20000 per jaar (55 per dag) wat al vir baaaie jare so aangaan is die Corona sterftes eintlik maar redelik mak, sal dalk ook 20000 maak vir die jaar.
My punt is, baie min mense gaan so aan oor die moordsyfer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.