Covid-19-statistieke: Byna 900 000 ingeënt

Daar is groot kommer oor die stadige pas waarteen inentings gedoen word. (Foto: Twitter)

Altesaam 1 645 551 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 4 576 in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 123  sterftes is intussen aangemeld. Dié nuwe sterftes is onderskeidelik in die Vrystaat (38), Gauteng (23), KwaZulu-Natal (6), Limpopo (16), Mpumalanga (6), Noord-Kaap (30) en die Wes-Kaap (4) aangemeld.

Dit bring die land se dodetal op 56 293 te staan.

Volgens Mkhize het 1 551 520 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 93,8%.

Die land het tans 46 738 aktiewe Covid-19-gevalle.

Nog 39 802 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 11 535 429 toetse sedert die uitbreking van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaatsektor uitgevoer.

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 657185 089842
Vrystaat4 31888 0697 748
Gauteng11 164426 52514 901
KwaZulu-Natal10 506324 6914 339
Limpopo2 44662 093649
Mpumalanga1 44478 9111 702
Noordwes1 88967 3865 827
Noord-Kaap1 07640 8757 412
Wes-Kaap11 793277 8813 318
Totaal56 2931 551 52046 738

Inenting

Tot dusver is 479 768 mense ingevolge die regering se Sisonke-program met een dosis van die Johnson & Johnson-entstof ingeënt.

Soveel as 418 187 mense ouer as 60 het reeds in fase 2 van die program die Pfizer-entstof ontvang.

Die totale syfer staan tans op 898 955.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Spyker ·

Dit is maar normaal dat griep in die winter n opwaardse kurwe toon. Dit moet mos tewagte gewees het. My vraag is of verdere inperkings dit gaan verhoed?

MakersMark ·

Ja nee die griep lyk my het al 3.6 m mense wêreldwyd se lewens gekos en as jy mooi gaan kyk het die 2 de golf in Des 2020 en Jan 2021 in SA plaasgevind en dit was vêr erger as die 1 ste golf in Julie 2020. Toe ek laas gekyk het was Des 2020 somer in die suidelike halfrond so eintlik is die storie ‘n spul snert.

OW ·

Vandat ek met epidemiologie te doen gehad het,het ek nog nie gehoor van ‘n griep virus met die naam SARS-CoV-2 nie.Ek ken wel Influensa virusse wat griep veroorsaak.Griep is oor die 100 jaar oud.Van waar die massa produksie van griep entstof nou eweskielik?

Baardman ·

Opskrif moet eerder lui: “Nog nie eers 900 000 mense ingeent”

Ronel ·

Wanneer gaan hulle ander ouderdomme begin ent? Hulle beweeg teen ‘n slakkepas. My ma is ingeent en hulle vir die oord waar sy woon te min entstowwe gehad!!

David ·

Vir kudde immuniteit gebeur
40 mil eers baie, baie vêr in die toekoms. Dit gaan slegs nog so tussen 10 en 15 jaar vat.

NGV gaan ‘n doodsvonnis vir Suid-Afrikaners wees.

adriaan isak ·

Dit is as veronderstel word dat natuurlike immuniteit nie voorkom nie.

twaalfboor ·

WOWWWW!!!!! ń Allemintige 1.6% van die bevolking is ingeent. Verskriklike prestasie ANC. En julle praat van “kudde uminiteit”. Weet julle ooit wat dit beteken? (Pathetic)

Gerhardus ·

Suid Afrika het begin met die inenting op 17 Februarie 2021. Naweke en vakansie dae uitgesluit, is ons al 69 dae besig met die inenting. Daar is sover 898 955 mense ingeënt, gedeel deur 69 dae, kom dit daarop neer dat daar slegs ‘n gemiddeld van 13 028 mense per dag ingeënt word.

Teen Vrydag 28 Mei 2021 was die populasie van Suid Afrika op 59 982 184. Teen 13 028 mense per dag, sal dit ongeveer 4 604 dae neem, as die populasie nie vermeerder nie, vir almal om ingeënt te word. Dit is ongeveer 12 jaar, 7 maande en 10 dae.

Francois Le Cochon ·

As jy 898955 inentings verdeel deur 52 naweke en dan vermeenigvuldig met ‘n gemiddelde van 13082 plus 12 jaar en nog 4604 by tel, en dit verdeel met die binere getal 101110110 se vierkantswortel, minus die aantal sterftes van 56393 plus ‘n konstante getal 69 dae wat dan afgerond word tot die naaste 100, minus 17 persent van die som van 1645552 minus die aantal nuwe gevalle van 4576 vermeenigvuldig met die aantal inperkings dae van 395 dan gee dit jou die aantal mense wat alles omtrent covid wil argumenteer en betwis.

Fritz ·

Francois, en as jy daai antwoord deur 2 deel, kry jy die getal mense wat in vrees en bewing leef vir covid.

Pieter ·

“900,000” ingeent” Dis net so groot prestasie as om te sê my gesonde normale 5 jarige kind kan loop.

Thom ·

Amper ‘n kollega verloor met die twak maar ja , Ivermectin is uitstekend vir sy doel nl behandeling vir wurms ; vir Covid is beet en wortels netso effektief as Ivermectin .

sterk soos n beer ·

baie erg in gauteng. kry meer as 2200 gevalle in 24 uur en al agt provinsies kry minder as 700 gevalle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.