Covid-19-statistieke: Byna kwart van alle toetse positief

In hierdie stadium is byna ‘n kwart van alle Covid-19-toetse positief. (Foto: Michele Spatari/AFP)

Talle Suid-Afrikaners, veral in Gauteng, wag om te hoor of pres. Cyril Ramaphosa strenger inperkingsmaatreëls gaan instel in ʼn poging om die derde vlaag Covid-19-infeksies te stuit. Teen Donderdagaand was daar egter geen aanduiding van wanneer en of die president die land sou toespreek nie.

Intussen het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siekte (Nios) gesê nog 16 078 nuwe gevalle van die koronavirus is bevestig. Dit bring die algehele getal infeksies op 1 877 143 te staan.

Byna ʼn kwart (24,5%) van alle Covid-19-toetse wat in hierdie stadium gedoen word, is positief.

SektorToetse gedoen Nuwe toetse 
Privaat7 213 05956%36 99856%
Staat5 555 99344%28 63344%
Totaal12 769 052 65 631 

Daar is tans 141 910 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 1 675 827 mense van die virus herstel.

Die meeste nuwe gevalle (59%) word steeds in Gauteng aangemeld.

ProvinsieNuwe gevalle op 24 Junie 2021Totale gevalle tot en met 24 Junie 2021
Oos-Kaap466204 175
Vrystaat552111 953
Gauteng9 521588 009
KwaZulu-Natal696349 301
Limpopo86771 691
Mpumalanga63090 716
Noordwes1 14389 980
Noord-Kaap29157 758
Wes-Kaap1 912313 560
Totaal16 0781 877 143

Maroela Media het vroeër berig David Makhura, Gautengse premier, het gister gevra dat “strenger, geteikende en gelokaliseerde” afsonderingsregulasies vir die volgende twee weke in die provinsie ingestel word.

Prof. Bruce Mellado, lid van die premier se advieskomitee oor Covid-19, het boonop gewaarsku dat Gauteng nog nie die kruin van die derde infeksiegolf bereik het nie – gegewe die feit dat die getal nuwe bevestigde Covid-19-gevalle wat nou in die provinsie aangemeld word, meer is as die hoogste getal daaglikse gevalle tydens die eerste én tweede vlaag van infeksie.

Volgens die Nios is nog 148 Covid-19-verwante sterftes ook landwyd bevestig. ʼn Bykomende 607 mense wat die virus opgedoen het, is in die voorafgaande 24 uur in hospitale opgeneem.

SektorOpnames tot dusverSterftes tot dusverTans opgeneem
Privaat140 54323 4377 100
Staat156 39937 1363 636
Totaal296 94260 60010 736

Altesame 115 016 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Meer as 3,7 miljoen het reeds vir die regering se inentingsprogram geregistreer en net meer as 2,5 miljoen mense is tot dusver teen Covid-19 geïmmuniseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Thom ·

Die regering en die balhoriges gaan indirek baie mense vermoor , nes trompie met sy ontkenning van die virus wat kamstig sou ” oorwaai “!

MakersMark ·

Jy is reg. Ek is verbaas oor mense se arrogansie. Stem saam die inentings program is maande agter, en die regering bestuur die pandemie uiters swak. Maar uiteindelik is elke persoon verantwoordelik vir hul eie veiligheid en dit van hul mede burgers. Maar nog steeds in daar familie byeenkomste, braai, kuier, skool partytjies wat deur ouers goedgekeur word. Ek stem saam in informele areas word maskers nie gedra nie en taxi’s se venster bly toe, maar die virus val ons nie aan in ‘n lokval nie, one gedrag dra dit van persoon na persoon, van huis na huis, en familie na familie. Met tragiese gevolge. Wat ons nie aan gedink toe ons “net bietjie wou kuier nie”…….

Tiptol ·

Meer inperkings gaan die land erger knou as die virus. Mense het klaar nie werk nie en ly honger. Besighede sukkel om te bestaan. Mense moet self verantwoordelik neem.

MakersMark ·

Balhorig is sooo goeie beskrywing. As mens die ware wetenskaplike feite hier weergee kry jy duime af want baie wil nie die waarheid hoor nie ook nie daarmee gekonfronteer word nie. Hul wens denkery wêreld is veilig vir nou.

annie ·

Gaan mense wat entstof ontvang, laks raak en glo dat hulle nie siek kan word nie… maskers afhaal? Daar is mense wat na inenting covid opdoen en erg siek raak. Aanvanklik is gemeld dat die virus lank op materiale en apparaat klou. Niks word meer daaroor gesè nie. As mense nie dmv asemhaling deur maskers siek word nie en hul hande elke 5 min reinig, hoe versprei die virus dan so vinnig?

Piet parys ·

Tot vandag is die wereld nog steeds nie seker hoe die virus versprei nie . Elke keer hoor mens n ander manier van verspreiding . So hulle gorrel net en weet nie.

Hendrik Marthinus ·

Drank is beslis een manier.
Geen masker, en te na aan mekaar in kroeg en sjebien.
Kan nog Baie noem, druk en soen familie, jy vertrou mos maar Hulle nie siek nie.

piet ·

Ek weet van geen mense wat na inenting erg siek geraak het met Covid nie. Kan jy vir ons die skakels gee asseblief om dit te verifieer. Baie mense verontagsaam die regulasies en steek dan hulself en ander gehoorsames aan.

Hendrik Marthinus ·

Stem Piet
Baie maar Baie families wens die vaccine was available toe Hulle geliefdes gesterf het.
Maar so Baie van ons, het nou die kans, maar Dink Hulle is proefkonyne.
Na 2 biljoen inspuitings (wereldwyd) is ons nie Meer nie.
Ons het dalk n kans, luister na jou Dr as jy bang is, hy of Sy Sal jou die regte raad gee.

Dirk Mostert ·

Die LUR vir gesondheid in Gauteng is in Februarie geent en in Mei in die hospital opgeneem vir Covid-19. In die VSA (VAERS) en Europa (EudraVigilance), waar rekords gehou word, was daar reeds meer as 10,000 sterftes en meer as 500,000 siektes na enting. Byna die helfte van Pfizer. Die laaste golf in Indie (begin en piek) het goed gekorreleer met hul entveldtog.

piet ·

Amper 3 biljoen inentings sonder probleme, goed genoeg vir my. Daai sterftes kan in elk geval maar mense wees wat oor die algemeen sieklik is , Covid of nie. Was die inentings direk en alleenlik verantwoordelik vir daai sterftes? Ek soek steeds skakels asseblief, sal interessant wees om te lees.

Charles ·

Ek wonder of jy jouself hoor, was die mense wat van die virus dood is ook nie oor die algemeen sieklik nie?

Gerhard ·

Die twee familie lede – een was ouer 56 jaar. Nie uitermatig fiks nie maar gesond sonder enige siektes. 2de een was in sy 40s en was n diabeet. So ja een kan jy seker beskou as sieklik maar dit help ongelukkig nie. Om altyd terug te gooi dat mense seker sieklik was en daarom oorlede vernader nie die feit dat hulle aangesteek het en oorlede is omdat hulle covid gekry het nie. Ja daar was ander probleme ook maar as hulle nie covid gekry het nie was meer van my familie vandag nog lewendig.

Gerhard ·

Mense is al klaar laks. Dit versprei ongelukkig baie maklik is net sommiges probeer die reels volg. Ons het weggeloop by n troue want almal vee hulle af aan enige reels soos hande ontsmet, maskers dra en afstand hou (en daar was ‘n persoon wat die volgende dag positief getoets het). Dis die basics en na meer as n jaar kry ons dit steeds nie reg nie. Seker makliker net om die ANC te blameer omdat ons op beperkings geplaas word en dat mense steeds siek word en dat die hospitale vol is want hulle is mos onbevoegd. Dit terwyl ons steeds oor en weer kuier want “ons vriende kan mos nie Covid kry nie”. Twee nabye familie lede is baie onlgangs so oorlede.

Hendrik Marthinus ·

Well said Gerhard
Of dit nou die ANC of DA of EFF was wat regeer het, sou die virus dieselfde versprei het.
Want ons mensdom Wil nie luister nie.
Almal vra hoe versprei die virus, jy het dit kortliks opgesom.
Mense worry nie, net Wanner Hulle klaar siek is, Dan besef Hulle die virus is eg.
Inentings werk, maar ons maroela kaders se mos nee wat dus gewone griep Ekt nie eens geweet Ekt covid gehad nie.
Lees gister se berig, Ma en PA minder as n week uit mekaar oorlede, jy lees en hoor dit weekliks.
Ek weet griep in verlede het mense dood gemaak, maar beslis nie soos die afgelope amper 2 Jr nie.
As Saps jou vang asgevolg van nie maskers dra of curfew tye, Dan is hoed se mense die sleg in verhaal.
So Daarom pleit ons vat die inspuiting net dalk is dit die enigste manier om die ding te wen.
En die Statistieke wereldwyd wys dit werk, Ja mense sterf nog, maar ons Kan wen

Dirk Mostert ·

Daar gaan jaarliks byna miljoen mense dood in S.A. en globaal meer as 100 miljoen, waarvan skaars 5% weens Covid-VERWANTE (uiters liberal toegepas) redes.

Manda ·

Soos ek werk toe ry vanoggend, is feitlik geen bus- of taxi vensters oop vir ventilasie nie. As mens bv van die karwagte vra waar hulle masjlkers is, is dit ‘n geval van ‘O, eish sorry’. Daar is nog BAIE mense daar buite wat dink Covid, watse Covid? Ons moet maar vasbyt en mekaar alles van die beste toewens, want dit is te laat vir streng regulasies.

Dirk Mostert ·

16,078 positiewe toetse waarvan net 607 in hospitale opgeneem is. ‘n Mikrogram goud per ton rots maak nie van die rots gouderts nie.

Gerhard ·

Ek besef dat min gevalle gehospitaliseer word maar moet almal eers iemand aan die dood afstaan voor mense dit ernstig opneem?

Thom ·

Wat probeer jy doen ? Julle laksheid maak ANDER mense dood !

Francois Le Cochon ·

Net 607? Dit is ‘n skoolsaal vol mense. Van hierdie 607 gaan dalk 30 sterf. Is jy regtig so gevoelloos teenoor jou medemens. Ons hoor omtrent weekliks van man en vrou wat paar dae uitmekaar sterf aan covid. Lui dit alles nerens ‘n klokkie nie?

MakersMark ·

Ou sha na na….dra eerder ‘n meningsvolle aanmerking by dis nie ‘n hoêrskool WhatsApp groep nie.

Martie Smartie ·

Wys jou net hoe word die ding opgeblaas. 75% v toetse NEGATIEF. 93% van positiewes wat simptome kry, herstel. Totaal oordryf hierdie hele ding.

Lionel ·

Sjoe ek wonder of al die mense wat al gesterf het weens covid ook sal sê dit word oordryf !!! Word wakker… die oandemie is al klaar op vlak 5 (die hoogste vlak) van die pandemic severity list…. So nee dit word nie oordryf nie !!!!!!!!!

MakersMark ·

Jy het duidelik nie die smart ervaar van ‘n geliefde wat aan CV19 dood is na 2 weke in ICU, alleen sonder dat die familie hul kan besoek. Twee weke terug toe hul by die huis weg is is die laaste totsiens.

VaalDonkie ·

Mens verwag natuurlik dat mense net vir die toets sal gaan mits hulle vermoed hulle het die walg-virus.

Josua ·

Ek verstaan nie mense se denkwyse nie, daar is n oplossing vir covid 19 maar ons regering will dit nie erken nie, mense wag soos afkop hoenders vir inenting terwys daar reeds n oplossing is en as dit van die bigin van die jaar toegepas was het ons nie nou met die gemors gesit nie maar nee mense volg mos die medie en glo die entsof is die oplossing.

Francois Le Cochon ·

Wat is die oplossing? Ek vra namens al die mense op aarde, insluitende alle mediese wetenskaplikes.

Vanessa ·

Ek stem saam, daar gaan maar ongelukkig strenger reëls ingestel moet word. Die mense wil nie luister nie en daarom moet daar ingegryp word. Ek glo nie die mense besef hoe ernstig COVID is nie. Dis soos Thom sê die regering en balhoriges is besig om mense te vermoor!!!!!!

Oom Kaspaas ·

EK wil net sê dat die nuwe gevalle daar is is seker so, maar ek kan nie dink dat die aktiewe gevalle getal reg is nie. Van 20 000 na 141 910 aktiewe gevalle, kan nie dink dat niemand gesond word nie. Daar is die wat in hospitale opgeneem word, maar baie meer wat ook gesond word. my logika sê vir my as daar vandag 8000 nuwe gevalle is moet daar oor 10 na 14 dae ten minste 7800 recoveries wees, wat nie op die stadium reflekteer op die syfers nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.