Covid-19-statistieke: Daaglikse gevalle daal verder

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Donderdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 2 783 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 6,8% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 2 892 081 te staan.

Nog 155 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 86 655 te staan.

Minstens 17 493 443 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van KwaZulu-Natal (22%) gevolg deur die Wes-Kaap (18%). Die Oos-Kaap verteenwoordig 15%, Noord-Kaap 12%, Vrystaat en Gauteng elk 11%, Mpumalanga 5%, Noordwes 3% en Limpopo 2%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 174 hospitaal-opnames. Daar is tans 7 465 Covid-19-pasiënte in 667 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 2 753 334 persone (95,2%) het reeds herstel.

Altesaam 16 755 133 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap415289091
Vrystaat308160162
Gauteng303915087
KwaZulu-Natal616509229
Limpopo43121698
Mpumalanga149150405
Noordwes97148903
Noord-Kaap33989662
Wes-Kaap513507844
Totaal27832892081

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap146992691425250289091
Vrystaat66191460997444160162
Gauteng192628929842841915087
KwaZulu-Natal1429547100023934509229
Limpopo39491164091340121698
Mpumalanga19571469891459150405
Noordwes40851407644054148903
Noord-Kaap216881991550389662
Wes-Kaap19621487956267507844
Totaal866552753334520922892081

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Francois Le Cochon ·

As volwassenes hulself soos stout kinders gedra, moet hulle soos kinders behandel word. Die geveg teen covid kan nie net aan wetsgehoorsames oorgelaat word nie.

VaalDonkie ·

^kyk net hoe praat ons eie mense. Nou moet jy dink hoe min dink ander nasies in hierdie land van ons as ons eie mense so is.

Heila ·

Alles draai om getalle, getalle wat bepaal word deur ‘n PCR toets.
Wat is die “Gold Standard” wat die PCR toets na 31 December 2021 gaan vervang? Almal volg die “CDC en FDA” en die een link na die ander maak dit net nog meer onduidelik. Tog word die PCR nog steeds gebruik?
Om positief te toets met ‘n PCR toets beteken nie noodwendig jy het Covid nie!
https://lnkd.in/dEJQ3A96

Audience: Individuals Performing COVID-19 Testing
Level: Laboratory Alert
After December 31, 2021, CDC will withdraw the request to the U.S. Food and Drug Administration (FDA) for Emergency Use Authorization (EUA) of the CDC 2019-Novel Coronavirus (2019-nCoV) Real-Time RT-PCR Diagnostic Panel, the assay first introduced in February 2020 for detection of SARS-CoV-2 only. CDC is providing this advance notice for clinical laboratories to have adequate time to select and implement one of the many FDA-authorized alternatives.
Visit the FDA website:

Nico ·

Hoekom het die Spaanse griep gestop, pokke het gestop, maar, die Covid19 gaan aan en aan, dit is ‘n mens gemaakte virus wat deur die Internasionale Geldmagte gebruik om in sy doel te kan slaag en om die wêrel godsdiens te begin. Julle wat so behep is met die virus, kom praat die waarheid. dit jaag net die mens op hol, en vrees bevange.
.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.