Covid-19-statistieke: Derde van gevalle nou in Gauteng

(Argieffoto)

Die bevestigde getal Covid-19-gevalle het teen laat Dinsdagaand op 215 855 gestaan en nog 10 134 nuwe gevalle is bevestig. Altesaam 43 421 nuwe toetse is gedoen, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.

Die sterftesyfer staan nou op 3 502 nadat nog 192 sterftes aangemeld is. Hiervan is 15 sterftes in Limpopo, 22 in KwaZulu-Natal, 36 in die Oos-Kaap, 44 in die Wes-Kaap en 75 in Gauteng. Altesaam 33,1% van alle gevalle is nou in Gauteng en 33,4% van gevalle is in die Wes-Kaap aangemeld.

Byna twee miljoen Covid-19-toetse is tot dusver in Suid-Afrika gedoen.

Die herstelkoers is in hierdie stadium 47,4% nadat 102 299 mense reeds van die virussiekte herstel het, het Mkhize gesê.

ProvinsieSterftesPasiënte wat reeds herstel
Oos-Kaap56422 022
Vrystaat19528
Gauteng47819 779
KwaZulu-Natal2054 890
Limpopo42665
Mpumalanga7668
Noordwes361 335
Noord-Kaap6237
Wes-Kaap2 14552 175
Totaal3 502102 299

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Oros Soros

Wanneer vandag se syfers bekend gemaak gaan word, gaan sal die volgende aangetoon word:
(1) Gauteng gaan die Wes-Kaap verbysteek met die totaal gevalle aangemeld,
(2) Die Oos-Kaap gaan die Wes-Kaap uit die tweede plek druk ten opsigte van heersende/ aktiewe gevalle (mense wat nog steeds die siekte onder lede het).

Anel

Hierdie virus is ‘n klug. Ja, daar is mense wat dalk daaraan doodgaan, maar gaan mense dan aan niks anders dood nie? Hoeveel het gewone verkoue of griep en dan word gesê di die virus? Hoeveel mense behandel hulle self by die huis sonder om of dokter toe re gaan of te laat toets? Mens weet as jy verkou of griep het. Mens weet ook as iemand selfmoord pleeg of enige ander siekte doodgaan. Die regering is besig om die mense van hierdie land vrees bevange te maak en afhanklik van die staat. Hulle lieg en bedrieg ons van alle… Lees meer »

Jakes

Dis nogal ironies dat die herstelkoers nou skielik onder 50% is noudat Gauteng se syfers meer geloofwaardig word.

Elmarie

Anel, baie onverantwoordelike opmerking!

Gysbert

Elmarie en Francois
Volgens die World Economic Forum is die wêreld se totale daaglikse sterftesyfer ongeveer 150,000. Tot dusver is daar wêreldwyd al so 544,000 covid sterftes. So in 4 dae is daar meer totale sterftes as al die covid sterftes.
Ek verskil van Anel dat die virus n klug is, maar dis beslis nie naastenby so erg as wat baie mense dink nie.