Covid-19-statistieke: Derde vlaag amptelik verby

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Suid-Afrika het nou amper 2,9 miljoen bevestigde Covid-19-gevalle met 1 634 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het gesê die derde vlaag van Covid-19 in Suid-Afrika is amptelik verby.

Altesaam 2 895 976 bevestigde Covid-19-gevalle is al in die land aangemeld en volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 6,6%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (21%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (18%) en die Noord-Kaap (16%). Die algehele aktiewe gevalle is 50 701.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 87 001 nadat nog 34 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 758 976 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 95,2%.

Suid-Afrika het tot dusver 17 553 515 toetse vir Covid-19 gedoen, 24 756 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 57 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 7 218 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 16,8 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAlgehele gevalle
Oos-Kaap232289 582
Vrystaat131160 584
Gauteng201915 527
KwaZulu-Natal350510 065
Limpopo13121 742
Mpumalanga76150 578
Noordwes73149 100
Noord-Kaap26090 198
Wes-Kaap298508 600
Totaal1 6342 895 976

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap14 733270 333
Vrystaat6 630146 522
Gauteng19 302893 859
KwaZulu-Natal14 507472 558
Limpopo3 949116 507
Mpumalanga1 959147 486
Noordwes4 085140 773
Noord-Kaap2 17082 280
Wes-Kaap19 666487 956
Totaal87 0012 758 274

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Oros Soros

Die land moes al na vlak 1 beweeg het.

gehasie

Kan ons die vierde-een na die November 2021 verkiesing verwag?

Johanncb

Hoe seker is die regering van hulle feite? Hulle het al vroeër voorspel dat SA in Desember almal met siekverlof gaan wees agv die sogenaamde Vierde Vlaag!

Jaco

4de vlaag begin op 1 Desember met die Wes-Kaap, daar waar “die rassistiese DA” in beheer is, as die brandpunt van Corona. Alle strande gesluit. WEG is wit mense se tradisionele “vakansie by die see” en WEG is wit toeristebesighede aan die kus se beste inkomste van die jaar.
Net 10% van die ANC-regering se anti-corona maatreëls is regtig teen Corona. Die ander 90% is net gemik teen wit mense en wit besighede. Ramaphosa het self al meer as eenkeer gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.

Kleinboet

Met ‘n infeksiekoers van 0.08% tel SA onder die gesonder lande.
Waar kom Ramaphosa en sy nuwe gesondheids-minister aan hulle huidige vlak van inperking? (By die WGO gehoor?)
En wie gaan ‘n Amerikaanse dollar/Europese Euro in die ANC-selfvernietigende/-geroofde land investeer? Bakhand staan is vir goed verby.
Van nou af aan is dit selfdoen. Te duiwel met politici.