Covid-19-statistieke: Dodetal steek 85 000-merk verby

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die land se getal Covid-19-infeksies neig deurgaans afwaarts.

Nog 2 640 bevestigde gevalle van die koronavirus is egter sedert die Nios se vorige verslag aangemeld terwyl nog 125 pasiënte weens die virus gesterf het.

Dit bring die land se dodetal op 85 002 te staan met 2 860 835 bevestigde gevalle tot op hede.

Die jongste toename in infeksies verteenwoordig ’n positiwiteitskoers van 10,4%. Dit beteken dat een uit elke tien toetse in dié stadium positief terugkom.

Volgens die Nios is die getal nuwe infeksies minder as die dag tevore (3 961) en minder as die gemiddelde getal nuwe gevalle per dag gedurende die sewe voorafgaande dae (5 254).

Daar is tans 104 511 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 671 322 mense van die virus herstel.

Die Oos-Kaap is in dié stadium verantwoordelik vir die meerderheid nuwe gevalle (33%) gevolg deur KwaZulu-Natal (23%) en die Vrystaat (10%).

Die Wes-Kaap en Noord-Kaap het elk 9% van die nuwe gevalle aangemeld gevolg deur Mpumalanga (7%). Gauteng is tans verantwoordelik vir 6% van nuwe gevalle en die Noordwes op sy beurt vir 4% van nuwe gevalle. Slegs 1% van die nuwe infeksies is in Limpopo aangemeld.

ProvinsieNuwe gevalle op 13 September 2021Totale gevalle tot en met 13 September 2021
Oos-Kaap864284086
Vrystaat258156 526
Gauteng150912 004
KwaZulu-Natal601502 027
Limpopo13121 305
Mpumalanga182148 858
Noordwes103147 249
Noord-Kaap22986 947
Wes-Kaap240501 833
Totaal2 6402 860 835

Nog 163 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Dit beteken 10 140 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Nog 217 752 inentings is intussen toegedien. Byna 15 miljoen mense is tot dusver teen die koronavirus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.