Covid-19-statistieke: Een nuwe sterfte aangemeld

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die nasionale instituut vir oordraagbare siektes het Vrydag net een nuwe Covid-19-verwante sterfte aangeteken. Die getal nuwe gevalle (1 560) en positiwiteitskoers (6,2%) is ook laer as wat Donderdag aangeteken is.

Volgens dié syfers het Gauteng weer die meeste nuwe gevalle aangeteken (545), gevolg deur die Wes-Kaap (384) en KwaZulu-Natal (325). Die Noord-Kaap het net 23 nuwe infeksies aangeteken.

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap75
Vrystaat59
Gauteng545
KwaZulu-Natal325
Limpopo38
Mpumalanga33
Noordwes78
Noord-Kaap23
Wes-Kaap384

Net 35 mense is Vrydag in die hospitaal opgeneem met Covid-19, wat die totale getal mense wat tans in die hospitaal is, op 1 971 te staan bring. ʼn Totaal van 76 417 mense is Vrydag ingeënt. Net meer as 19 miljoen volwassenes is nou al ten volle ingeënt. Die getal Suid-Afrikaners wat nou al ten minste een dosis van die inenting gekry is, is 20 868 945. Dit sluit 1 539 000 kinders tussen die ouderdom van 12 en 17 jaar in.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.